Hou su00f3 moed in taai tye
Hou su00f3 moed in taai tye

Hou só moed in taai tye

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - As jy ná die droogte wil floreer, moet jy die beste leier wees, hoop lewend hou en aanvaar voort­durende verandering is die nuwe norm.

Dr. Brand Pretorius, afgetrede uitvoerende hoof van die McCarthy-groep in Suid-Afrika, het boere Dinsdag tydens die Landbouvooruitskouiingskonferensie in Windhoek toegespreek.

Hy is bekend daarvoor dat hy dié maatskappy van bankrotskap geneem het tot waar dit weer 'n omset van miljarde het.

Pretorius het hoofsaaklik die persoonlike vaardighede bespreek wat nodig is om ondernemings te herbou.

“John Maxwell sê alles kom tot stand én val onder leierskap.

“Doeltreffende leierskap is om alle spanlede te kry om hul intelligensie, energie en lojaliteit te gee. Elkeen moet medeverantwoordelikheid vir 'n onderneming aanvaar,” het hy gesê.

Onder sy leiding het Toyota ook 'n mark­leier in Suid-Afrika geword.

“Navorsing toon die werklikheid is dat baie werknemers tans vervreem van hul werk voel. Werk is vir hulle 'n lewensvonnis – iets wat hulle net moet verduur. Voor jy vir 'n hand kan vra, moet jy 'n hart aanraak.

“Na my mening is daar net een ­leierskapsfilosofie wat hiervoor werk – dienende leierskap. Om te lei, is ook om te dien.

“Mense reageer beter op liefde as op vrees.”

Pretorius sê in die 46 jaar wat hy in die sakewêreld betrokke was, was daar “sonnige dae”, maar ook stormwaters – veral toe hy gevra is om as uitvoerende hoof by die McCarthy-groep in Suid-Afrika aan te sluit en dit van bankrotskap te red.

“Ek was vreesbevange toe ek my kantoor vir die eerste keer as die groep se uitvoerende hoof binnestap. Maar in my geestesoog het ek die gesigte van my kollegas voor my gesien - dié wat onskuldige slagoffers van die bankrotskap sou wees.

“McCarthy het 10 000 werknemers en 1 100 kleinhandelaars gehad. Ons aandele het in 2000 van R28 tot 0,18 sent geval en ons het agt banke R2 miljard geskuld.

“Landbouprodusente dryf ook handel in hoop. Julle het 'n verantwoordelikheid om dit lewend te hou. Toe McCarthy bankrot was, was dit my grootste verantwoordelikheid.

“Hoop is lewe. As jy dit verloor, kan jy netsowel opgee.”

Pretorius sê die groter sakewêreld ervaar tans stormagtige tye.

“Hierdie is nie ongewone tye nie, dit is die nuwe normaal. Ons kan nie wag dat die storms verbygaan nie, ons sal moet leer om daarby aan te pas,” sê hy.

Die vergadering wat McCarthy toe eindelik gered het, het op 13 Maart 2001 plaasgevind, sê Pretorius.

“Ons het agt banke bykans R2 miljard geskuld. Op daardie dag kon ons die kredietbestuurders van al die banke asook hul regsverteenwoordigers in een raadsaal bymekaar kry. Die doel was om 'n hergestruktureerde ooreenkoms te teken sodat McCarthy kan aanhou handel dryf.

“Ons het negeuur die oggend begin. Regsadviseurs en kredietbestuurders het verskeie kere uitgestorm en gesê hulle sal nooit so 'n ooreenkoms aangaan nie. Wie het agter hulle aangehardloop en gesmeek dat hulle terugkom? Ek het. Want ek het die gesigte van my mense in my geestes­oog gesien. Ons het twee uur die volgende oggend die nuwe ooreenkoms onderteken. As ons nie uitgehou het nie, sou die McCarthy-groep nie vandag bestaan het nie.”

Pretorius sê vaardighede wat help om in moeilike tye te oorleef, sluit in selfbestuur, doeltreffende kommunikasie en die doeltreffende uitvoer van planne.

“Toe McCarthy as tegnies bankrot verklaar is, wou almal my aandag hê – krediteure, werknemers, aandeelhouers en joernaliste. Ek moes leer om te onderskei tussen wat dringend en wat belangrik is. Ek het ophou ly aan 'die siekte van besig wees', waar jy net rondhol, jou wiele spin en saans doodmoeg by die huis kom, maar nie veel kan wys vir wat jy gedoen het nie. Aktiwiteite moet tot produktiwiteit lei en produktiwiteit tot die bereiking van iets.

“Ek het 'n inklusiewe benadering gebruik en openlik en eerlik gekommunikeer.

“Werknemers is voortdurend op hoogte van sake gehou. Uiteindelik wou almal die maatskappy red.”

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Millwall FC 1 vs 1 West Bromwich Albion | Bristol City 1 vs 0 Leicester City English Championship: Millwall FC 1 vs 1 West Bromwich Albion | Bristol City 1 vs 0 Leicester City Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: European Championships Qualifying: Millwall FC 1 vs 1 West Bromwich Albion | Bristol City 1 vs 0 Leicester City English Championship: Millwall FC 1 vs 1 West Bromwich Albion | Bristol City 1 vs 0 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%