Hou Namibië in feestyd skoon

18 December 2018 | Plaaslik
Met die Kersseisoen wat voorlê, gaan heelwat rommel in die land ontstaan.

As alle rommel bymekaargemaak word en na Rent-a-Drum-­afvalbestuurpunte in die Khomas-, Erongo- en Oshana­streek geneem word, sal Ohorongo­ Cement verseker dit word op 'n volhoubare wyse ­vernietig, sê dié onderneming.

Verwerkte, nieherwinbare ­materiaal word saam met ander, alternatiewe brandstowwe in Ohorongo se oond verbrand, wat die belangrikste deel in die sementvervaardigingsproses is.

Dié oond het 'n gastemperatuur van tot 2 000 grade Celsius, wat die volledige verbranding en vernietiging van alle organiese stowwe verseker sodat geen skadelike gasse vrygestel word nie.

Sedert die begin van die jaar het Ohorongo Cement meer as 70 vragmotors vol nieherwinbare materiaal as alternatiewe brandstof vir sy oond gebruik, asook houtskaafsels en houtskool.



ALTERNATIEWE BRANDSTOF

Die afgelope ses maande betrek 40% van die oond se verbranding reeds alternatiewe brandstowwe.

Volgens me. Jean Amaambo, alternatiewe brandstof-administrateur by Ohorongo, is dit opwindend om te sien hoeveel nieherwinbare materiaal in die sementvervaardigingsproses gebruik kan word.

“Hoewel ons ander alternatiewe brandstowwe ook gebruik, maak die brandstowwe wat van afval afkomstig is 'n groot verskil. As elke Namibiër die gewoonte kan aankweek om op 'n verantwoordelike manier van afval ontslae te raak, kan Namibië 'n baie skoon land word,” het sy gesê.

Amaambo het ook beklemtoon mense moenie 'n ashoop van die land se paaie maak nie.

“Dit sal geen skade doen om die rommel in jou voertuig te hou tot jy by 'n plek kom waar jy dit kan weggooi nie. Om rommel in die middel van nêrens te strooi, doen meer skade as goed. ­Ohorongo doen sy deel – doen joune,” het sy gesê.

“Die omgewing behoort aan ons almal en ons het 'n gesamentlike verantwoordelikheid om daarna om te sien. Daarom is ons werksaamhede só gestruktureer dat ons kan verseker minder afval word na die stortingsterrein gestuur deur van verwerkte nieherwinbare afval as alternatiewe brandstof in ons proses gebruik te maak,” het mnr. Junge Jansen, Ohorongo Cement se omgewingskoördineerder, gesê.

Volgens mnr. Gys Louw, Rent-a-Drum se uitvoerende hoof, het alle Namibiërs 'n verantwoordelikheid om die land skoon te hou.

“Dit kan gedoen word as almal besluit om afval te verminder, hergebruik en te herwin.”

Soortgelyk

 

El Niño sneuwel dalk

7 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Namibiërs kan hulself staal teen heelwat meer koue weer in die volgende weke. Terselfdertyd het weerkenners ook goeie nuus oor verswakkende El...

Hulp stroom in vir Swartze

7 ure gelede | Mense

Tanja Bause – Namibiërs, veral Windhoekers, het gister hul harte oopgemaak vir ouma Katrina en oupa Jacobus Swartz, asook hul ses kleinkinders wat wees gelaat...

SME Bank:‘Geldversender’ in kollig

7 ure gelede | Plaaslik

Catherine Sasman – Me. Kalandra Viljoen, ‘n voormalige eienaar van Asset Movement Financial Services CC (AMFS), ‘n maatskappy wat ‘n yslike N$78.9 miljoen glo uit...

Weer vir 27 Junie 2019

7 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm in die Suide en sentrale gedeeltes. Elders sal dit sonnig en warm tot baie warm wees.KUS: Gedeeltelik...

Geen uitbreking van varkgriep

7 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Namibië beleef tans ’n toename in die aantal seisoenale H1N1-griepgevalle, met sewe bevestigde gevalle van die siekte wat reeds aangemeld is. Vier...

Vermeende stroperysindikate in hof

7 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - Ondanks optogte en petisies van die Outjo-gemeenskap is ses vermeende renosterstropers gisteroggend in die landdroshof op borgtog van N$10 000 elk vrygelaat....

Moordsaak teen plaaswerker uitgestel

7 ure gelede | Howe

Denver Kisting – ’n Maand nadat die plaaswerker mnr. Lukas Kaskas Kashonga glo twee mense enkele ure ná mekaar in die Rehoboth-omgewing vermoor het, het...

Cites-beraad na Genève verskuif

7 ure gelede | Omgewing

Francoise Steynberg - Die Konvensie vir die Handel in Bedreigde Spesies (Cites) se 18de beraad is weens veiligheidsredes van Colombo in Sri Lanka na die...

Meatco het beesgetalle nodig

7 ure gelede | Landbou

Elvira HattinghHoewel dit lyk of Meatco se omkeer­strategie die vleisverwerker op die herstelpad geplaas het, is die maatskappy bekommerd oor hul kwynende mark­aandeel en die...