Hou kop, let op

28 February 2018 | Rubrieke
Augetto Graig - In 'n tyd van groot verandering op die wêreldtoneel is dit van kardinale belang om kop te hou en nie sommer van koers te verander nie.

Ten spyte van nuwe leierskap in verskeie openbare poste, poer-poer die wêreld steeds voort, en waarskynlik in baie dieselfde rigting as vantevore.

Ek sien nie hoop vir die mensdom in die leiers wat tans posisies beklee nie, terwyl die vertroue in als wat mens eens as waarheid sou beskryf, dag na dag al minder word.

Die wêreld se dinge was nog altyd, en beslis tans, effe misleidend.

Mens moet eerder baie nader aan jouself kyk om te sien wat eintlik aangaan.

Oplossings lê wel in die onmiddellike omgewing, wat maklik misgekyk word.

Ek sê nie mens moenie meer byhou by als wat in die wêreld aangaan nie, maar ek dink die beste kans wat ons het om die wêreld se dinge te verander, is om by ons onmiddellike omgewing te begin.

'n Bekende sanger het gesê “kyk in die spieël en maak daar 'n verandering”.

Die verantwoordelikheid wat elke mens vir hul eie omstandighede moet neem, is 'n swaar las.

Gepaard daarmee gaan die besef dat jy self verkeerde dinge in die samelewing toelaat.

Daar is meer as genoeg ongeregtigheid om ons om die gewig van so 'n insig ondraaglik te laat voel.

Maar dit is tóg moontlik en, om die waarheid te sê, is die alternatief nog erger weens die verlies aan die vermoë om die lewe se pragtige oomblikke raak te sien.

Daar is so baie wat mooi is in die lewe, en daarvoor is jy persoonlik ook net so verantwoordelik.

Die lewe wat jy lei is jou eie, en niemand anders is so belangrik soos jy in die bepaling van wat jou werklikheid is nie.

Daar word ook gesê saam met groot mag kom groot verantwoordelikheid.

Dit is hierdie verantwoordelikheid waaraan ek almal wil herinner. Onthou ook die wêreld om jou is nie beperk tot jou eie kamer nie, ook nie tot jou huis of jou woonbuurt, jou dorp of jou land nie.

Waar jy ook al gaan, is daardie plek deel van jou wêreld. Enige plek wat jy sien, enige plek waarvan jy weet, is deel van jou eie ervaring. Jy is daarvoor ook verantwoordelik.

Waarom mens naby moet kyk, is omdat die onmiddellike omgewing baie makliker is om te beïnvloed.

Die gevolge van enige aksie is vinniger waarneembaar.

Mens sien gouer die impak wat ons op ons wêreld het.

Byvoorbeeld: Jy stap by jou hek uit en sien 'n plastieksak vol vullis op die sypaadjie lê.

Jy buk af en tel die sak op, stap na die drom en gooi dit daarin.

Soos jy omdraai en terugkyk, is daar 'n onmiddellike verandering aan die voorkoms van die straat voor jou huis. Dit lyk mooier, skoner en beter as tevore.

Daar is ook minder sigbare gevolge van jou daad.

Hoe die straat se voorkoms ander mense raak, kan jy nie voorspel nie. Hoe dit hul gedrag in jou straat beïnvloed, is nie seker nie.

Nogtans kan enigiemand getuig van die gevoel wat mens kry as jy by 'n skoon en netjiese plek instap. Waar daar aandag geskenk is aan die omgewing, word ook vrede geskep.

Gee aandag aan die mense om jou. Luister wanneer hulle praat en hoor wat hulle sê. Dink eers en doen dan.

Jy kan, jy moet kophou en aandag skenk.

Soortgelyk

 

Studie-debakel vir Namibiërs in Zambië

1 dag gelede | Gesondheid

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste is deur die Namibiese hoë kommissariaat in Zambië gewaarsku dat twee universiteite in dié buurland waar 91 Namibiese...

Meatco heroorweeg BTW-besluit

1 dag gelede | Landbou

Nuus van Meatco se herinstelling van die betaling van 15% BTW (belasting op toegevoegde waarde) op alle beestransaksies by die abattoir, is deur die NLU...

Slaggate teen einde Julie herstel

1 dag gelede | Infrastruktuur

Die munisipaliteit van Windhoek verwag dat alle slaggate van die hoofstad se paaie teen einde Julie herstel sal wees. Die woordvoerder van die munisipaliteit, me....

Onderwyseres ‘ontvoer’ skoolmeisie glo vir seks

1 dag gelede | Howe

Henriette Lamprecht – ’n Onderwyseres van ’n hoërskool in die Suide het gister in die hof verskyn op aanklagte dat sy glo ’n skoolmeisie ontvoer...

Sokkerkoors loop hoog!

1 dag gelede | In beeld

Die opening van 2018 se Wêreldbekersokkertoernooi het gister by die Luzhniki-stadion in Moskou plaasgevind. Nagenoeg 80 000 sokkerliefhebbers het die seremonie bygewoon en die immerbekende...

Vakbond, regering stamp kop oor huishulpe

1 dag gelede | Arbeid

Augetto Graig – Die permanente sekretaris in die ministerie van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping, mnr. Bro-Matthew Shinguadja, sê daar steek geen waarheid in die Namibiese...

Vaarwel aan Daantjie Louw

1 dag gelede | Mense

Tielman van Lill - “Stil, broers, daar gaan ‘n man verby, hy groet, en dis verlaas . . . ”Só is die woorde van die...

Netumbo by slenters betrek

1 dag gelede | Ministeries

Denver Kisting – Slenters doen tans die ronde waarby die adjunk- eerste minister en die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, betrek...

Weer vir 15 Junie 2018

1 dag gelede | Weer

WEERWAAK: ‘n Koue front en buie word in die ||Kharasstreek en suidelik kus verwag.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en koud tot matig in die Suide met enkele...