Hou houtgerus oor papierwerk

Die Chinese sakeman mnr. Xuecheng Hou ontken betrokkenheid in die houtkapbedryf.
Catherine Sasman
Catherine Sasman - Ingeligte bronne sê die onwettige kap van skaars en beskermde bome duur in die verre noordooste van die land voort ondanks die ministerie van die omgewing en toerisme se verbod daarop sedert 26 November verlede jaar.

Dié bronne beweer die Chinese sakeman mnr. Xuecheng Hou se New Force Logistics CC is tans besig om bome op plase suidoos van Rundu langs die D3401- en D3425-roetes na Cumo en Gcwatjinga in Kavango-­Oos af te kap.

Van die bronne sê selfs dat dit nou “op 'n nywerheidskaal” plaasvind.

Die bronne, wat anoniem wil bly uit vrees vir weerwraak, sê Hou het kamp opgeslaan tussen Rundu en Ncaute waar hy hope hout berg wat pas gekap is.

“'n Mens sien die verskil tussen bome wat onlangs afgekap is en dié wat vir 'n lang tyd al in die son lê. Dié wat pas afgekap is, vertoon geel terwyl die ouer hout 'n rooier kleur het,” sê een van die bronne.

Volgens hom het Hou die afgelope drie weke vyf of ses lorrievragte vol hout na Walvisbaai gestuur om hoofsaaklik na die Chinese mark uitgevoer te word.

Een van die lorries is voorgekeer aangesien sy lisensie verval het.

“Hou gee nie om of lisensies nog geldig is nie. Al wat hy doen, is om die boete te betaal. Dit pla hom nie,” het die bron gesê.

Hy het ook gesê Hou steur hom ook nie aan die oorladingreël nie en sommige van die lorries vervoer tot 40 ton hout pleks van die voorgeskrewe 20 ton per vragmotor.

Republikein verneem verder dat die onreëlmatige oes en vervoer van skaars houtsoorte 'n hoogtepunt bereik het, aangesien houthandelaars in die lig van die moratorium 'n totale verbod op die houtbedryf vrees. Die ingeligte bronne beweer ook sommige bosbou-amptenare by die ministerie van landbou, water en bosbou se kantoor op Rundu en elders in die streek is kop in een mus met die houthandelaars.

Een bron sê Hou is koorsagtig besig om hout op 35 plase in die Ncaute- en Cumo-gebied te oes nadat hy in ­September verlede jaar die regte daarop bekom het.

Voor die moratorium ingestel is, het hy die kwota hout op 20 plase reeds gekap en is nou besig met die oorblywende 15 plase.

Volgens hom kan Hou met sy gesofistikeerde toerusting tot 740 bome per dag afsaag.

“Hulle (die houthandelaars) verwoes woude,” sê hierdie bron en sê hulle saag en laai bedags die hout, maar die lorries beweeg net snags.

Hy het verder vertel Hou betaal tot N$500 000 per lorrie vir die vervoer na Walvisbaai en die transaksies word dikwels snags in die middel van die woude beklink.

Hou se ­WhatsApp-profielfoto is 'n advertensie vir sy besigheid, wat hy as volg bemark: “Koop hout (stomp en blokke), kontantbetalings ­beskikbaar (vir) oes, houtvervoer en houtuitvoer”.

Hierop kan foto's gesien word van 'n reuselorrie wat kreun onder swaar boomstompe, 'n vurkhyser, 'n ­afgekapte boom en Maersk-skeepshouers wat op lorries gelaai word.

Dié bron na aan hom voer aan “hout is die nuwe goud” en sê Hou se winkel in China Town in Windhoek is net 'n rookskerm om sy ware “geldmaak-bedrywighede” te verdoesel.

Hou het by navraag al hierdie beweringe ten sterkste ontken en sê hy is nie by die oes van hout betrokke nie.

“Eerste dinge eerste: Ons is 'n ­logistieke maatskappy vir pad- en plaasvervoer,” het hy gesê en by­gevoeg hy het verskillende kliënte wat hom betaal om vir hulle hout na Walvisbaai te vervoer.

Op die bewering dat “Chinese bome afkap”, het hy gesê: “Geen Chinese mens sal daardie tipe van fisieke werk doen nie”.

Hou sê aangesien hy 'n vervoer­onderneming het, moet hy 'n “oessertifikaat, 'n vervoersertifikaat en 'n kwaliteitsinspeksiesertifikaat” hê voor hy die hout vervoer.

Hy sê verder al die plase (sy kliënte) het “wettige dokumente” om hout te oes.

“Ons benut ons masjiene en toerusting om hulle hout te koop. As hulle dink die prys is onredelik, kan hulle 'n ander koper vind.

“Die regering het vroeër meer as 300 permitte uitgereik om bome op plase af te kap. Ons help net 'n klein ­persentasie van mense met vervoer,” het Hou aan Republikein gesê.

Hy het ook ontken daar was on­gelukke waarin lorries omgeslaan het, wat te swaar gelaai is.

Vrae wat aan die ministerie (van landbou, water en bosbou) oor hierdie kwessies gestuur is, is ná weke se wag steeds nie beantwoord nie.



UITVOERSTATISTIEKE

Volgens NamPort se statistieke is 11 660 ton hout van Namibiese oorsprong reeds in 2019 deur Walvisbaai uitgevoer. Altesaam 7 502 ton is na China uitgevoer.

Tussen 2016 en 2018 is 44 652 ton hout uit Zambië, 2 354 ton uit Angola en 49 852 ton uit die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) en 836 ton uit ander SADC-lande via Walvis­baai na China, Viëtnam, Brittanje, Nederland en Singapoer uitgevoer.

Tussen 2014 en 2018 het Namibië met sy klein hoeveelheid woude 8 428 ton hout na lande soos Chili, China, Duitsland, Spanje, Frank­ryk, ­Brittanje, Nederland, die VSA, Grieke­land, Suid-Afrika, Suid-­Korea, Taiwan, Angola, Australië, België, Mexiko, Maleisië, Singapoer en St. Helena uitgevoer.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.34 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.81 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.41/OZ UP +0.44% | Copper US$ 4.53/lb UP +2.14% | Zinc US$ 2 891.10/T UP 3.01% | Brent Crude Oil US$ 88.27/BBP UP +0.31% | Platinum US$ 903.19/OZ UP +0.12% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.34 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.81 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.41/OZ UP +0.44% | Copper US$ 4.53/lb UP +2.14% | Zinc US$ 2 891.10/T UP 3.01% | Brent Crude Oil US$ 88.27/BBP UP +0.31% | Platinum US$ 903.19/OZ UP +0.12%