Hou diu00e9 hulpbronne in 2019 dop
Hou diu00e9 hulpbronne in 2019 dop

Hou dié hulpbronne in 2019 dop

Kommoditeite het in 2018 pak gekry, van verliese in olie en koper tot koffie en suiker.

Vooruitsigte vir ­kommoditeite lyk vir 2019 effens beter, maar baie hang van veral die handels­betrekkinge tussen Amerika en China af.

OLIE

Oliepryse het verlede kwartaal van die hoogste vlakke in vier jaar tot 'n beermark verval, aangedryf deur rekordproduksie van skalie-olie in Amerika, sanksies teen Iran wat deels opgehef is, en die sny van produksie deur die Organisasie van Petroleumuitvoerlande (Opul) en vennote wat deur sommige as te min geag is.

Oliepryse kan herstel weens politieke probleme in Venezuela waar produksie tot onder een miljoen vate per dag kan daal. Amerikaanse toegewings op Iranse olie is ook net tydelik, en as van die toegewings in Mei opgehef word sal dit ook pryse steun.

Moenie Saoedi-Arabië se vasbeslotenheid onderskat om by Opul se produksieperke te hou nie. Opul vergader weer in April, en oliepryse kan teen daardie tyd veld gewen het. Die mediaan-vooruitskatting vir Brent-ruoliepryse vir vanjaar is US$68 per vat teenoor die huidige US$58.

GOUD

Die goudbulle het aan die einde van 2018 die inisiatief geneem en daar is baie redes vir 'n volgehoue vertroue in die edelmetaal as toevlugsoord.

Goudpryse kan steun kry van die Amerikaanse Federale Reserweraad (Fed) as hy rentekoerse stadiger verhoog as verwag. Beleggers soek beskerming vir hul geld van die wisselvalligheid in die aandelemarkte en van die verlang­samende ekonomiese groei in die wêreld.

In Desember het 'n peiling onder ontleders en handelaars gedui op 'n mediaan-prys van US$1 325 per fynons vir goud vanjaar. Termynkontrakte was aan die begin van vandeesweek op US$1 292 nadat dit Vrydag US$1 300 gehaal het.

KOPER

Koper het in 2018 sy slegste jaar sedert 2015 behaal ná dalings in elke kwartaal. Koper is geraak deur kommer oor internasionale groei en die handelsoorlog.

Steun vir koperpryse kan vanjaar kom van inligting oor voorraadvlakke. Die Londense metaalbeurs wys op kopervoorraad wat op die laagste in 'n dekade is.

As Amerika en China hul handels­kwessies kan uitsorteer kan dit koper steun. Die mediaan-vooruitskatting vir koper is bo US$6 400 per ton, teenoor die onlangse prys van US$5 930.

SOJA

Sojaboonpryse styg sodra daar enige verbeterings in handels­bande tussen Amerika en China is. Pryse het veral aan die einde van verlede jaar gestyg toe China die invoer van Amerikaanse sojabone hervat het.

Boere in Amerika hoop die twee lande kan 'n ooreenkoms bereik voor die 90-dae-tydperk verstryk het waarin handelskwessies deurgetrap moet word.

VARKVLEIS

China het meer as 400 miljoen varke - dit is meer as die helfte van al die varke op aarde. Maar die land ly onder 'n erge epidemie van varkgriep wat sedert 2018 aan die versprei is. Die siekte raak nie mense nie, maar is dodelik vir varke.

Varkgriep kan na buurlande versprei, wat produksie in die hele streek kan raak. As dit gebeur sal China varkvleis moet invoer om aan die vraag te voldoen, en dit kan tot Amerika se voordeel strek.

Dit kan ook 'n hupstoot vir die vraag na en pryse van hoendervleis wees.

YSTERERTS

Ysterertspryse was in 2018 gemiddeld byna US$70 per ton, maar 'n daling dreig. Die ysterertsmark word oorheers deur volumes uit Brasilië en Australië. Dit kan geraak word deur stadiger uitbreiding in China, waar staalproduksie ten beste kan stabiliseer.

Beleidsbesluite uit China kan die mark enige kant toe laat swaai. Daarby kom nog nuwe voorraad van die Brasiliaanse ysterertsgroep Vale en Anglo American wat sy Minas Rio mynbedrywighede hervat.

Die winsgewendheid van Chinese staalmeulens het in die laaste kwartaal verlede jaar gedaal.

Morgan Stanley verwag weer vanjaar 'n internasionale ooraanbod en voorspel ysterertspryse van US$62 per ton vanjaar.

– Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!