Hou dié hulpbronne in 2019 dop

Van soja tot varkvleis

09 January 2019 | Sakenuus
Kommoditeite het in 2018 pak gekry, van verliese in olie en koper tot koffie en suiker. Vooruitsigte vir kommoditeite lyk vir 2019 effens beter, maar baie hang af van veral die handelsbetrekkinge tussen Amerika en China.



Olie

Oliepryse het verlede kwartaal van die hoogste vlakke in vier jaar tot 'n beermark verval, aangedryf deur rekordproduksie van skalie-olie in Amerika, sanksies teen Iran wat deels opgehef is, en die sny van produksie deur die Organisasie van Petroleumuitvoerlande (Opul) en vennote wat deur sommige as te min geag is.

Oliepryse kan herstel weens politieke probleme in Venezuela waar produksie tot onder een miljoen vate per dag kan daal. Amerikaanse toegewings op Iranse olie is ook net tydelik, en as van die toegewings in Mei opgehef word sal dit ook pryse steun.

Moenie Saoedi-Arabië se vasbeslotenheid onderskat om by Opul se produksieperke te hou nie. Opul vergader weer in April, en oliepryse kan teen daardie tyd veld gewen het. Die mediaan-vooruitskatting vir Brent-ruoliepryse vir vanjaar is $68 per vat teenoor die huidige US$58.



Goud

Die goudbulle het aan die einde van 2018 die inisiatief geneem en daar is baie redes vir 'n volgehoue vertroue in die edelmetaal as toevlugsoord.

Goudpryse kan steun kry van die Amerikaanse Federale Reserweraad (Fed) as hy rentekoerse stadiger verhoog as verwag. Beleggers soek beskerming vir hul geld van die wisselvalligheid in die aandelemarkte en van die verlangsamende ekonomiese groei in die wêreld.

In Desember het 'n peiling onder ontleders en handelaars gedui op 'n mediaan-prys van US$1 325 per fynons vir goud vanjaar. Termynkontrakte was aan die begin van vandeesweek op US$1 292 nadat dit Vrydag US$1 300 gehaal het.



Koper

Koper het in 2018 sy slegste jaar sedert 2015 behaal ná dalings in elke kwartaal. Koper is geraak deur kommer oor internasionale groei en die handelsoorlog.

Steun vir koperpryse kan vanjaar kom van inligting oor voorraadvlakke. Die Londense metaalbeurs wys op kopervoorraad wat op die laagste in 'n dekade is.

As Amerika en China hul handelskwessies kan uitsorteer kan dit koper steun. Die mediaan-vooruitskatting vir koper is bo US$6 400 per ton, teenoor die onlangse prys van US$5 930.



Soja

Sojaboonpryse styg sodra daar enige verbeterings in handelsbande tussen Amerika en China is. Pryse het veral aan die einde van verlede jaar gestyg toe China die invoer van Amerikaanse sojabone hervat het.

Boere in Amerika hoop die twee lande kan 'n ooreenkoms bereik voor die 90-dae-tydperk verstryk het waarin handelskwessies deurgetrap moet word.



Varkvleis

China het meer as 400 miljoen varke - dit is meer as die helfte van al die varke op aarde. Maar die land ly onder 'n erge epidemie van varkgriep wat sedert 2018 aan die versprei is. Die siekte raak nie mense nie, maar is dodelik vir varke.

Varkgriep kan na buurlande versprei, wat produksie in die hele streek kan raak. As dit gebeur sal China varkvleis moet invoer om aan die vraag te voldoen, en dit kan tot Amerika se voordeel strek.

Dit kan ook 'n hupstoot vir die vraag na en pryse van hoendervleis wees.



Ystererts

Ysterertspryse was in 2018 gemiddeld byna US$70 per ton, maar 'n daling dreig. Die ysterertsmark word oorheers deur volumes uit Brasilië en Australië. Dit kan geraak word deur stadiger uitbreiding in China, waar staalproduksie ten beste kan stabiliseer.

Beleidsbesluite uit China kan die mark enige kant toe laat swaai. Daarby kom nog nuwe voorraad van die Brasiliaanse ysterertsgroep Vale en Anglo American wat sy Minas Rio mynbedrywighede hervat.

Die winsgewendheid van Chinese staalmeulens het in die laaste kwartaal verlede jaar gedaal.

Morgan Stanley verwag weer vanjaar 'n internasionale ooraanbod en voorspel ysterertspryse van $62 per ton vanjaar.

– Netwerk24/Bloomberg

Soortgelyk

 

Afrika-lied kom tuis in Namib

20 ure gelede | Kuns en vermaak

Elvira Hattingh - Die Duits-Namibiese kunstenaar Max Siedentopf het wêreldwyd opslae gemaak met ‘n kunsinstallasie in die Namib wat Toto se bekende liedjie “Africa” oor...

CoW verloor ronde teen baas

20 ure gelede | Regering

Denver Kisting - Die geskorste uitvoerende hoof van die Windhoekse stadsraad (CoW), mnr. Robert Kahimise, het 'n ronde teen sy werkgewer gewen.CoW sal waarskynlik binne...

Sowat 7 000 skeepspassasiers sak op Walvis toe

20 ure gelede | Toerisme

Geskiedenis is gister gemaak toe vier groot passasierskepe in die Walvisbaai-hawe op anker gelê het en sowat 7 000 internasionale reisigers op die hawedorp toegesak...

Herstel internet, toegang tot sosiale media in Zim

20 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Om mense in Zimbabwe die gebruik van internetdienste te ontneem, is ‘n skending van hul menseregte en benadeel die ekonomie.“Ons raam die...

Weer vir 17 Januarie 2019

20 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en bloedig warm in die ||Kharasstreek. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele donderbuie oor die sentrale,...

Jong Namibiër maak biomediese deurbrake

20 ure gelede | Gesondheid

Denver Kisting - Sy twee jonger sibbe se worsteling as kinders met asma het ’n jong Namibiese ingenieur aangespoor om ’n toestel te ontwerp wat...

Lui-lui telefoon

20 ure gelede | Tegnologie

Telecom Namibia se landlyne in Windhoek was sedert Dinsdag buite werking. Mnr. Oiva Angula, Telecom Namibia se hoof van korporatiewe kommunikaise en openbare skakelwese, het...

Gedenkdiens gehou vir slagoffers van ongeluk

20 ure gelede | Plaaslik

’n Gedenkdiens vir ses van die sewe slagoffers wat onherkenbaar verbrand is tydens die ongeluk op 10 Augustus 2018, is Dinsdag op Otjiwarongo gehou. Die...

Meer as N$2 miljoen se stukkende verkeersligte

20 ure gelede | Regering

Die hoofstad se munisipaliteit het in 2018 meer as N$2 miljoen bestee om stukkende verkeersligte te herstel nadat dit in padongelukke beskadig is.Mnr. Harold Akwenye,...