Hospitale wag vir groen lig
Hospitale wag vir groen lig

Hospitale wag vir groen lig

Die Lady Pohamba Private Hospitaal en Rhino Park in Windhoek wag nog vir opleiding en inspeksies deur die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste voor hulle met immuniserings mag begin.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht

“Ons is reg en wag net vir die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste om na ons terug te kom en te sê dit is die plan vorentoe.”

Dit was die antwoord van die Lady Pohamba Private Hospitaal se algemene bestuurder, me. Hannelie Botha, oor die hospitaal se gereedheid om deel van die regering se uitrolplan vir immuniserings in die Khomasstreek te wees. Die ministerie het dié hospitaal sowel as Rhino Park in Windhoek as immuniseringspersele geïdentifiseer. Die twee hospitale het tot op hede nog geen immuniserings gedoen nie.

Volgens Botha is Lady Pohamba slaggereed en is ’n perseel geïdentifiseer en uitgelê volgens die vereistes van die ministerie.

Botha sê twee verteenwoordigers van die hospitaal, in die administratiewe en kliniese afdelings, sal volgende week Dinsdag en Woensdag vir opleiding by die ministerie gaan.

“Ons wag ook vir die inspeksie, maar van ons kant is alles gereed. Ons wil ook weet watter entstof aan ons gegee gaan word.”

Botha sê die hospitaal sal geen entstowwe toedien wat nie deur die Namibiese Medisynebeheerraad goedgekeur is en waarvoor nie beskikbare data bestaan nie.

“Ons personeel is reg en gewillig om te help. Hulle voel hulle wil weet hulle het ’n positiewe bydrae gemaak tot die land se gesondheid.”

Volgens Botha is nog geen van die hospitaal se personeel ingeënt nie.

Me. Esmé Botes, direkteur van Rhino Park en voorsitter van die Namibiese Vereniging vir Private Gesondheidsgeriewe (NAPH), het op haar beurt ook bevestig dié hospitaal is gereed om met immuniserings te begin.

“Ons is reg en kan onmiddellik begin sodra die ministerie entstowwe aan ons verskaf,” het Botes gesê.

Die voorsitter van Namibië se taakspan vir die uitrol van die immuniseringsveldtog en adjunk- uitvoerende direkteur van gesondheid en maatskaplike dienste, me. Petronella Masabane, het by navraag gesê die Covishield-entstof word eers van vandag aan die geoormerkte immuniseringspunte in Khomas en Erongo versprei. Dit nadat dit eers volgens onder meer teikens per kapita deur die Sentrale Mediese Store herverpak moes word.

Sy het bevestig private hospitale wat as immuniseringspunte geoormerk is, verkies om entstowwe toe te dien wat wel op die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se lys vir noodgebruik (EUL) is.

Buiten vir Lady Pohamba en Rhino Park in die hoofstad, is die Welwitschia- en Cottage- private hospitale in onderskeidelik op Walvisbaai en Swakopmund ook as immuniseringspunte geïdentifiseer. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!