Hospitale wag op Oujaarsaand

31 December 2004 | Politiek en nasionale nuus
ERNSTIGE twyfel het kort voor die Oujaarsfeeste ontstaan of die twee staatshospitale in Windhoek gerat sal wees om \'n toestroming van pasiënte te hanteer.
Personeeltekorte is die grootste enkele kopseer, terwyl die Katutura hospitaal se ongevalle-afdeling vir eers gesluit gehou is \"omdat die gemeenskap nog nie oor die heropening daarvan ingelig is nie.\" Intussen word buitepasiënte en noodgevalle steeds by die Windhoek sentrale hospitaal behandel.
Me. Thati Ithindi, die direkteur van gesondheid vir die Khomasstreek, het gister gesê sy kan haar nie uitlaat oor personeeltekorte nie en dat dr. Jack Vries, die senior mediese superintendent dié vrae moet beantwoord. Hy is in beheer van die Windhoek sentrale hospitaal, terwyl sy eweknie by die Katutura hospitaal, dr. Nkandi Shiimi, Tsumeb se voormalige burgemeester is. Sy is nie op die oomblik by die werk nie, aangesien sy \'n familie-tragedie beleef en kort ná sy vir drie weke in die Ooste was vir \'n werkgroep, nou met menslikheidsverlof is.
Intussen is nagelaat om dokters aan te stel en het die private praktyke die meeste jong dokters opgeraap. By die twee staatshospitale werk die beskikbare personeel lang ure.
Gerugte wat reeds weke lank die ronde doen dat die staat versuim het om kontrakteurs betyds te betaal vir die opknappingswerk aan die ongevalle-afdeling van die Katutura hospitaal is gister deur me. Ithindi die nek ingeslaan. Sy beweer die ongevalle-afdeling is vir eers gesluit gehou omdat die gemeenskap wat die meeste van die hospitaal gebruik maak nie betyds en behoorlik oor die heropening van die afdeling ingelig is nie. Sy het derhalwe besluit dat dit later in Januarie aanstaande jaar gedoen sal word. Die tyd en datum sal nog bekendgemaak word.
Die Katutura hospitaal is op die oomblik leierloos, met die superintendent wat met verlof is en die senior beheerbeampte wat verlede maand die staatsdiens verlaat het. Ook in sy plek is nog nie \'n nuwe aanstelling gemaak nie en intussen word die hoop deur jong dokters uitgespreek dat die toeloop op Oujaarsaand nie te rof sal wees nie.
\'n Dokter het die hoop uitgespreek dat dit \'n stil dag sal wees. \"Ons hoop nie aanrandings en motorongelukke versuur die feesseisoen nie. Afgesien daarvan dat dit nie aangenaam is om pasiënte op dié dag te sien nie, bestaan twyfel oor die twee hospitale se vermoë om \'n toestroming van ongevalle te hanteer.\"

Soortgelyk

 

Hardap-sluise nóg groter getrek

1 dag gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Die Hardapdam se sluise is om 10:30 nóg groter oopgetrek sodat dit nou 300 m³ water per sekonde uitlaat – ‘n aanpassing...

La Niña skop dalk nóú in

1 dag gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl die weerkantoor ‘n weerwaak vir vandag vir wydverspreide donderbuie oor die westelike helfte van die binneland uitgereik het, meen ‘n weerkenner...

Selfdegeslaghuwelike ly neerlaag … vir nou

1 dag gelede | Howe

Jana-Mari Smith – Drie hoërhofregters het hulle gister sterk ten gunste van die wetlike erkenning van selfdegeslaghuwelike in Namibië uitgespreek, maar het nietemin die aansoeke...

Elisenheimrivier sleep motors weg

1 dag gelede | Weer

Augetto Graig – Die Elisenheimrivier het Woensdagaand motorvoertuie saamgesleep toe dit verby die Farmers Kitchen restaurant by Gastefarm Elisenheim oorstroom het. Me. Rentia van der...

Hardap loop gou vol

1 dag gelede | Weer

Elvira Hattingh – Die Hardapdam sou na verwagting laat gisteraand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sou oopgetrek moes word....

kykNET se ‘Wat Dit Vat’: Hier’s die kunstenaars

1 dag gelede | Byvoegsels

Dit was pret, dit was plesier en dit was ’n malligheid op note. Toe die briljante musikant en musiekvervaardiger Loki Rothman gesê het hy gaan...

Fees van klassieke musiek ten bate van kanker

1 dag gelede | Byvoegsels

Een van die mees begaafde pianiste in Namibië, Johann van der Merwe, bied môre (22 Januarie) 'n uitvoering aan om geld in te samel om...

Working with high standards of technology

1 dag gelede | Mense

Wetumwene Shikage Not expecting to find a smooth and easy way of work, Romario Arnat describes his working experience as an eye-opener as to how...

Taking steady growing curves

1 dag gelede | Mense

Wetumwene Shikage Timothy Olivier’s passion and dedication has been a key driver in his success not only within Old Mutual, but throughout his...