Hosea Kutako ruk vere reg

Die adjunk- eerste minister en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, het Donderdag besoek aan die Internasionale Lughawe Hosea Kutako (ILHK) afgelê.

Sy het ’n hoëvlakafvaardiging van kabinetsministers van die kabinetskomitee oor lugvaartinfrastruktuur gelei om die omstandighede by die lughawe op voetsoolvlak waar te neem.

Daar is ure lank met die ILHK se topbestuur vergader.

Die vergadering was nie die enigste poging om die lughawe se goedkeuring vir internasionale vlugte te verseker nie.

Mnr. Norman Sanyanga het ’n vergadering tussen afgevaardigdes van die Namibiese polisie, die weermag, die lugmag, nooddienste en ander belanghebbers gelei in voorbereiding op moontlike rampe by die lughawe, of vliegtuigkapings.

Sanyanga is deur die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie (Icao) se Kenia-kantoor afgevaardig om Namibië se lugvaartbeheer te ondersoek.

Hy is tans aangestel om die ILHK reg te ruk voor Icao se veiligheidsoudit, wat na verwagting van 18 tot 22 November sal plaasvind.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!