Hou00ebs by NAC geskors
Hou00ebs by NAC geskors

Hoës by NAC geskors

Henriette Lamprecht
Die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC) het vier van sy topbestuurders vir beweerde onreëlmatighede geskors. Die geskorsdes sluit in me. Toska Sem (kommersiële dienste), me. Josephine Soroses (menslike hulpbronne), mnr. Verengai Ruswa (finansies en administrasie) en mnr. Albert Sibeya (opleiding, hulpbronvoorsiening en organisatoriese ontwikkeling). Die skorsings is onmiddellik van krag en is in konsultasie met die minister van staatsondernemings, mnr. Leon Jooste, uitgevoer.

Mnr. Bernard Sinvula is intussen as waarnemende strategiese bestuurder vir kommersiële dienste aangewys, terwyl me. Lingani Sibalatani sal instaan vir menslike hulpbronne, mnr. Sem Katoma vir finansies en administrasie, en me. Khiba Sipapela vir opleiding, hulpbronvoorsiening en organisatoriese ontwikkeling. Mnr. Titus Shuungula is as waarnemende bestuurder vir streekslughawens aangewys.

Die skorsings is deur die NAC se bestuurder vir korporatiewe kommunikasie, me. Nankelo Amupadhi, bevestig. Volgens Amupadhi sal geen verdere verklarings uitgereik word of kommentaar in dié verband gelewer word nie. Dit as gevolg van 'n vertroulikheidsklousule tussen die werkgewer en sy werknemers.

Amupadhi het egter die Namibiese publiek en alle rolspelers verseker dat alle werksaamhede by die NAC, asook hul stasies oor die land heen sal “voortgaan soos normaal”.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!