Horings na Hongkong gekoerier

Twaalf stukkies renosterhorings is per koerier van Namibië af in twee pakkies na die Internasionale Lughawe Hongkong gestuur.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg



Die minister van die omgewing en toerisme het gister bevestig dat koeriermaatskappye ondersoek word nadat 12 stukkies renosterhoring per koerier in twee pakkies van Namibië af na die Internasionale Lughawe Hongkong gestuur is.

Doeanebeamptes het op 22 Maart 12 stukkies renosterhoring van 6,6 kg met 'n waarde van US$1,3 miljoen (sowat N$16,8 miljoen) in twee lugkoerierpakkies op die lughawe gevind. Volgens die webtuiste van die regering van Hongkong het doeanebeamptes tydens 'n vragondersoek twee pakkies geskandeer wat as koffie verklaar is.

“Verdagte beelde is tydens die X-straal-inspeksie van die skandeerders gevind. Nadat die besending oopgemaak is, het doeanebeamptes renosterhorings ontdek,” het Shifeta gesê.

Ná 'n opvolgondersoek is 'n 42-jarige man op 23 Maart in hegtenis geneem. Hy is op borgtog vrygelaat en die ondersoek duur voort.

Die hoof van die Namibiese polisie (NamPol) se eenheid vir beskermde hulpbronne, adj.komm. Barry de Klerk, het ook gister aan Republikein bevestig dat NamPol saam met Interpol werk om die saak te ondersoek.

Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het gister gesê die persoon wat in hegtenis geneem is, moet die ontvanger van die pakkies wees.

“Die vraag is wie die pakkie uit Namibië gestuur het. Ons probeer om meer inligting by Interpol te kry,” het Shifeta gesê.

Hy het bevestig dat koeriermaatskappye deeglik ondersoek sal word om uit te vind wie die verdagte items in die pakkies uit Namibië gestuur het.

Shifeta het verwys na 'n voorval verlede jaar toe koffie ook as rook­skerm gebruik is om stukkies ivoor uit die land te smokkel.

Twee Chinese mans, mnre. Xue Xinxi (47) en Ruhe Zhang (60) het na bewering probeer om die ivoor in koffieblikke uit te smokkel. Hulle is op 7 Desember by die Kapps Farm-padblokkade op pad na die Internasionale Lughawe Hosea Kutako in hegtenis geneem.

Shifeta sê hy het onlangs saam met die Namibiese polisie die lughawe besoek om sekuriteit te ondersoek nadat nóg 'n Chinees, Ye Zhiwei (29), verlede jaar met 18 renosterhorings deur die skandeerder geglip en op die Internasionale Lughawe O.R. Tambo in Johannesburg vasgetrek is.

Ye het reeds skuldig gepleit en word op 5 April in Kempton Park se hof gevonnis. Hy het in sy pleitverduideliking erken dat hy drie horings van witrenosters en 15 van swartrenosters by 'n hotel in Windhoek van ene mnr. Zhang Fei ontvang het.

“Hosea Kutako is nou baie besig en die personeel - doeane, polisie en sekuriteit - moet verdubbel word met al die nuwe lugrederye wat die lughawe bedien,” het Shifeta gesê.

“Ons spasie op die lughawe is te min. Daar is meer lugrederye wat wil kom en ons het 'n ander lughawe nodig.”

Shifeta sê dit is baie goed vir toerisme en die ekonomie, “maar die huidige lughawe se kapasiteit is nie voldoende nie”.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%