Hou00ebr onderwys: Instellings kan nie draadsitters wees
Hou00ebr onderwys: Instellings kan nie draadsitters wees

Hoër onderwys: Instellings kan nie draadsitters wees

Die minister van hoër onderwys sê dit is betreurenswaardig dat diegene wat deel van die onderhandelingsproses was, nou wil voorgee asof hulle nie geraadpleeg is nie.
Ogone Tlhage
Tuyeimo Haidula – Die minister van hoër onderwys, tegnologie en vernuwing, dr. Itah Kandjii-Murangi, het gesê instellings vir hoër onderwys moet tegemoetkomend teenoor verlede jaar se graad 11's wees en nie optree asof die regeringsinstellings hul privaat eiendom is nie.

Kandjii-Murangi het Maandag met Republikein se susterkoerant, Namibian Sun, gesels tydens haar besoek aan instellings om te sien hoe kampusse en sentrums die Covid-19-pandemie hanteer, die uitdagings wat hulle in die gesig staar en hoe die regering in dié verband steun kan bied.

Die minister het gesê dit is ononderhandelbaar en dat universiteite sowel as beroepsopleidingsentrums wat deur die regering besit word, geen ander keuse het as om graad 11-leerlinge in te neem soos tydens die onderwyskonferensie in 2011 ooreengekom is nie.

Sy sê as graad 11-leerlinge nie tot hoëronderwysinstellings toegelaat word nie en ook nie hul graad mag herhaal nie, sal hul heel waarskynlik op straat beland.

“Openbare instellings kan nie draadsitters wees nie. Nie hierdie keer nie. Ons het almal se samewerking nodig. Ons moet hierdie stelsel vervolmaak.

“My pleidooi is dat ons die graad 11's tegemoetkom en aktiewe deelnemers moet wees in die monitering, evaluering en beoordeling van hierdie hervorming en vir die regering terugvoer daaroor gee,” het Kandjii-Murangi beklemtoon.

Die minister het gesê dit is onwaar dat instansies nie geraadpleeg is nie. “Geen besluite in die land se onderwyshervorming word geneem sonder dat alle belanghebbers betrek word nie.”

Kandjii-Murangi het gesê dit is betreurenswaardig dat diegene wat deel van die onderhandelingsproses was nou wil voorgee asof hulle nie geraadpleeg is nie.

“Ons het net een onderwysstelsel. Daar is geen manier waarop 'n groot hervorming soos dié wat die ministerie van basiese onderwys nou onderneem, sonder die betrokkenheid van al die hoër vlakke kon geskied nie,” het sy gesê.

Kandjii-Murangi sê indien enige tersiêre instelling besluit om nie graad 11's te aanvaar nie, sal hulle slegs toeskouers wees as dit kom by insette van nasionale belang en kan die kans misloop om insette te lewer as die hervorming verbeter moet word.


'PAS DIE BESLUIT TOE'

“Sommige mense by Nust (Universiteit van Wetenskap en Tegnologie) of Unam (Universiteit van Namibië) het miskien nie daardie posisies beklee nie, maar as verantwoordelike instellings moet ons die besluite beoordeel wat ons voorgangers geneem het. Ons kan nie toegee nie.

“Ek staan aan die stuur van hierdie ministerie en dit is nie mý ministerie nie. Ek is aangestel om te verseker ek voldoen aan die behoeftes van Namibiërs in die sektor van hoër onderwys.

“Ek kan nie dinge wat reeds geïmplementeer is, kom verander nie. Hulle moet dus maniere vind om dié leerlinge te akkommodeer,” het sy gesê.

Prof. Kenneth Matengu, visekanselier van Unam, het onlangs die standpunt van die universiteit ten opsigte van toelating van graad 11-leerlinge verduidelik dat die Namibiese Senior Sekondêre Sertifikaat Standaard-vlak vir graad 11 'n vlak 3-kwalifikasie is en vir graad 12's is die Namibië Senior Sekondêre Sertifikaat-gevorderde vlak (NSSC-AS) op vlak 4, terwyl Unam se toelatingsvereiste vlak 5 is.

Matengu het gesê die Universiteit is nie in staat om vlak 3-kwalifikasies te akkommodeer nie.

Die universiteit het slegs plek vir 5 000 tot 7 000 nuwe studente en het meer as 21 000 aansoeke vir hierdie akademiese jaar ontvang.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.09 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 221.84/OZ UP +1.42% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.11% | Zinc US$ 2 451.00/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 87.60/BBP UP +1.40% | Platinum US$ 907.72/OZ UP +1.43% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.09 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 221.84/OZ UP +1.42% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.11% | Zinc US$ 2 451.00/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 87.60/BBP UP +1.40% | Platinum US$ 907.72/OZ UP +1.43%