Hope wildprodukte op Divundu gekonfiskeer
Hope wildprodukte op Divundu gekonfiskeer

Hope wildprodukte op Divundu gekonfiskeer

Beslag is gelê op onder meer ’n sitatunga, krokodileiers, skilpaddoppe, ’n leeuvel en olifantbeendere.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - ’n Namibiese man is verlede week op Divundu glo in die besit van ’n groot verskeidenheid beheerde wildprodukte in hegtenis geneem.

Mnr. Katoima Kandunda is verlede Maandag glo met 18 olifantbeendere, 9 stukke olifantvel, vier stukke ivoor, ses skilpaddoppe, vyf buffelhorings, vier buffelbene, drie koedoehorings, een leeuvel, een hiënavel en een swartwitpenshoring vasgetrek.

Volgens die weeklikse wildmisdaadverslag van die eenheid vir beskermde hulpbronne en die ministerie van die omgewing en toerisme se intelligensie- en ondersoekeenheid is altesaam 11 verdagtes van 4 tot 10 November in hegtenis geneem.

Ses nuwe sake is aanhangig gemaak, waarvan drie vir renoster- of olifantstropery of horing- of ivoorsmokkelary of pogings daartoe is.

Mnre. Maemusiepo Tjihange, Kaikembe Ndiaombe en Tjozomburu Hevita is verlede Woendsag op Oshivelo in hegtenis geneem ná hulle glo probeer het om ’n renoster te stroop.

Beslag is op ’n vuurwapen en 20 patrone gelê.



Nóg hope wildprodukte is verlede week gekonfiskeer.

Saterdag is beslag gelê op een buffel, een bastergemsbok en een sitatunga, asook 24 krokodileiers.

Twee Namibiërs, mnre. Aron Kabala en Kamutemwa Mundeke, asook ’n Zambiese burger, mnr. Petros Kameya, is in verband hiermee in hegtenis geneem.

Nóg twee Zambiërs, mnre. Sipangule Kushonya en Kay-oka Kunene, is verlede Maandag op Kongola glo met twee olifanttande in hul besit in hegtenis geneem.

Op Ndiyona is mnr. Shiyave Ntjinano ook verlede Maandag na wat verneem word met ’n lewende ietermagô betrap.

Die volgende dag is mnre. Andreas Elago op Omuthiya na bewering met ’n aardwolfvel in sy besit vasgetrek.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!