Hoop vir toerismeherstel
Hoop vir toerismeherstel

Hoop vir toerismeherstel

Die mikpunt vir die herstel van die toerismesektor word aan die bloeitydperk van 2019 gemeet toe akkommodasiebesetting 40% was.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg – Verblyfbesetting in die toeris­mesektor is in die eerste kwartaal van 2021 slegs 20% in vergelyking met die 40% in 2019 en 33% verlede jaar voor die Covid-19-pandemie in alle erns getref het.

Dié statistiek is deur die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN), me. Gitta Paetzold, in hul eerste kwartaalverslag van 2021 verskaf.

Sy sê 'n direkte vergelyking kan nie werklik tussen die eerste kwartale van 2020 en 2021 getref word nie, want die eerste drie maande van verlede jaar was nog nie juis deur die pandemie geraak nie.

“Dit was vóór reisbeperkings en inperkings aan die einde van Maart 2020 ingestel is. Die eerste kwartaal van 2019 was ons laaste uitstekende bloeitydperk vir die bedryf en die mikpunt vir ons herstel,” het Paetzold gesê.

“Dit moet ook in ag geneem word dat die eerste kwartaal van 'n jaar tradisioneel ons lae toerismeseisoen is. Met die enorme negatiewe impak wat die pandemie steeds op internasionale reis het, gee die 19,5% verblyfbesetting rede vir hoop vir herstel,” sê sy.

“Dit blyk dat die toerismeherlewingsinisiatief wat in September 2020 afgeskop het tog tekens van sukses toon, veral as in ag geneem word dat 12,8% van gaste van Namibië se sleutelbronmarkte soos Duitsland, Oostenryk en Switserland kom.”

Dít ondanks streng reisbeperkings wat steeds vir hierdie markte gegeld het.

“Die persentasie vir die hele Europa vir die eerste kwartaal van vanjaar staan op 17,8% in vergelyk met die meer as 42% in 2020 en 38% in 2019,” verduidelik Paetzold.



PLAASLIKE TOERISTE

Wat die plaaslike toerismemark betref, was slegs een derde Namibiërs wat in 2019 en 2020 by verblyfplekke gaan bly het, maar vanjaar was 67% van alle besettings in die eerste kwartaal Namibiërs.

“Suid-Afrikaners se besoeke aan Namibiese verblyfplekke het 'n standvastige 8% tot 9% regdeur die drie jaar gehandhaaf. Die res van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) en Afrika het slegs 'n raps meer as 1% in die eerste drie maande van vanjaar na Namibië gereis in vergelyking met die 6,8% in 2019,” sê Paetzold.

Sy bly hoopvol dat die Namibiese toerismesektor op die pad van herstel is: “Met politieke wil, asook met die verbintenis en samewerking met die Verenigde Nasies se Wêreldtoerisme-organisasie (UNWTO), sal toerisme op die lange duur herleef.”

Kwessies wat volgens HAN dringende aandag nodig het vir toerismeherstel, is:

• 'n Duidelike en positiewe bood­skap wat reisigers na 'n oop, veilige en pragtige Namibië terug verwelkom;

• Duidelike en feitelike inligting oor en ondersteuning vir Namibië se inenting- en toetskapasiteit, asook die monitering van internasionale tendense oor inentingspaspoorte;

• Duidelike en opgedateerde inligting oor oorgrensreisprotokol, veral na Suid-Afrika en die Kavango-Zambezi-oorgrensgebied (Kaza);

• Die herinstelling van vlugroetes vir spesifieke bestemmings in Namibië (soos Katima Mulilo), die vul van die gaping om die nasionale lugredery te vervang, asook Namibiese owerhede wat met internasionale lugvaarthandel moet onderhandel vir terugkerende vlugte na Namibië. 

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!