Hoop op verhogings u2018verpletteru2019
Hoop op verhogings u2018verpletteru2019

Hoop op verhogings ‘verpletter’

Volgens die vakbond se sekretaris-generaal is vanjaar se nasionale begroting “een vir ’n verkiesingsveldtog”.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Die Vakbondkongres van Namibië (Tucna) se hoop op salarisverhogings vir staatsamptenare is deur die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, en die nasionale begroting “verpletter”.

Volgens mnr. Mahongora Kavihuha, Tucna se sekretaris-generaal, is vanjaar se nasionale begroting “een vir ‘n verkiesingsveldtog”.

“Meer geld is op een of ander manier van iewers gekry waar daar reeds niks of weinig is, en dit gaan nou aan swak uiteengesette, groot, onbeplande projekte bestee word,” het Kavihuha gesê.

Hy wou weet of Schlettwein se pogings deur weldeurdagte en funksionele strategiese planne ondersteun word.

Volgens hom wou die vakbond ‘n progressiewe begroting hê wat deur middel van verhoogde salarisse ’n einde aan die huidige ekonomiese traagheid sal maak.

Wat Schlettwein se verwysing na ekonomiese groei van 18% in die verlede betref, sê Kavihuha hy sien nie enige “reusegroei” nie.

“Hoe word dit in gewone Namibiërs se lewens weerspieël – in hul gesondheid, onderwys en persoonlike welvaartvlakke?”

Hy het beklemtoon loongerigte groei is die enigste weg uit die “ekonomiese moeras” waarin die land homself tans bevind.

Volgens Kavihuha gaan die vakbond van aanstaande week af vergaderings met lede oraloor die land hou om onder meer konsensus oor die “eensydige verdubbeling van die mediesefondsbydraes vir staatsamptenare”, sowel as die beëindiging van reis- en verblyftoelae te bereik.

Hy het ook na die 0,6%-verlaging in die werkloosheidskoers verwys.

“Die voorlopige nasionale rekeninge wat op dieselfde dag as die Arbeidsmagopname in 2018 vrygestel is, wys duidelik beide sekondêre en tersiêre nywerhede het dalende groeikoerse getoon.

“Dít teenoor die primêre nywerhede wat robuuste prestasie toon met die verbetering van 22%, in vergelyking met die trae groei van 13,3% in 2017.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!