Hoop op Opsie 3 vir skole
Hoop op Opsie 3 vir skole

Hoop op Opsie 3 vir skole

Die kabinet moet nou besluit oor die heropening van skole op 3 Junie, sodat die skooljaar teen 18 Desember kan eindig.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



Die besluit oor wanneer leerlinge weer terugkeer skool toe en in watter fase, is in die kabinet se hande.

Volgens die uitvoerende direkteur van onderwys, kuns en kultuur, me. Sanet Steenkamp, is voorstelle ná insette en gesprekvoeringe met ver­skeie rolspelers aan die kabinet in dié verband voorgelê. “Kom ons wag vir die kabinet om die aankondiging te maak,” het Steenkamp gesê.

Die voorlegging volg op ­omvattende konsultasies met verskeie ­rolspelers oor 'n breë spektrum en wat onder meer hoofonderrigbeamptes vir persoon­like ontwikkeling, asook verteenwoordigers van private skole, deeltydse onderrigsentrums, en die ministerie in die presidensie verantwoordelik vir geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn ingesluit het.

Laasgenoemde het betrekking op die heropening van vroeë kinderontwikkelingsentrums (ECD) en preprimêre skole. Die Namibiese Nasionale Onderwysersunie (Nantu), die Onderwysersunie van Namibië (TUN) en die Namibiese Nasionale Studenteorganisasie (Nanso) is ook by die besprekings betrek.

Volgens Steenkamp was die vergaderings “baie goed verteenwoordig” en was die hoofdoel om te bepaal “wat van 2020 gered kan word”.

Die fokus het geval op sou gesondheidsaanwysers daarop dui dit is veilig vir leerlinge om na skole terug te keer, skole weer op 3 Junie open en in ­Desember sluit.

In dié moontlikheid (Opsie 3 van die meesterplan om onderwys weer op koers te kry) is die druk op die afhandel van die leerplan se inhoud vanjaar en is 13 onderrigdae minder as die minimum vereiste van 195 dae.

Die tweede termyn heropen op 3 Junie en sluit op 21 Augustus, terwyl die derde termyn 1 September begin en 18 Desember sluit.

Alle Saterdae (uitgesluit dié van die eerste en laaste week van die termyn) van al die weke in die tweede termyn en drie Saterdae van die eerste drie weke van die derde termyn sal vir verpligte onderrig gebruik word.

Volgens dié moontlikheid begin die nasionale eksterne eksamen vir NSSC-O en NSSC-H op 26 Oktober en sal tot 18 Desember duur. Die ­ministerie het vroeër gesê dié opsie is onderhewig aan die nodige toegang tot internasionale koerierdienste van eksamenmateriaal wat betyds uit Brittanje verskeep moet word.



Eindeksamen

Laasgenoemde beteken volgens Steenkamp eksamens word in November/Desember afgelê, met die merk van vraestelle wat in Desember plaasvind. Uitslae word gevolglik in Janua­rie en moontlik Februarie vrygestel.

“Ons het gekyk hoe ons elke graad kan red. Dit beteken ons het die leerplan vir elke graad gevat en gekyk watter vakke is kritiek om na die volgende graad te vorder? Watter persentasie moet 'n leerling van spesifieke vaardighede hê?” het Steenkamp verduidelik.

Volgens haar is “'n ontleding en bepaling gedoen" van hoe skole vir leerlinge heropen moet word, en in watter fases en vir watter grade dit moet geskied. Dit is ter wille van die voorlegging aan die kabinet gedoen.

“Hoe gaan ons dit infaseer en seker maak sosiale afstand word gehandhaaf?”

Steenkamp het veral verwys na gesprekke met verteenwoordigers van private skole en het dit as “baie betekenisvol en opbouend” beskryf.

“Dit het my soveel hoop gegee en my gemoed so gelig om te weet ons almal werk vir 'n gemeenskaplike doel en daardie doel is die opheffing van ons kinders.”

Die omvattende konsultasies was volgens die ministerie nodig om bewusmaking onder alle rolspelers te skep, eenstemmigheid te bereik en eienaarskap te neem van besluite wat geneem word om die “beste moontlike uitkoms” vir alle partye te verseker.

“Die samesprekings en besluitneming duur op die hoogste regeringsvlak voort, waarna 'n aankondiging gemaak sal word. Ons doen 'n beroep op almal om kalm en gefokus te bly en bedank die publiek vir hul ondersteuning en samewerking tot op hierdie punt.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.67 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.12 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.91 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.12 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 393.07/OZ UP +0.55% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.22% | Zinc US$ 2 862.90/T UP 1.45% | Brent Crude Oil US$ 87.49/BBP UP +0.37% | Platinum US$ 928.94/OZ DOWN -0.0078 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.67 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.12 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.91 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.12 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 393.07/OZ UP +0.55% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.22% | Zinc US$ 2 862.90/T UP 1.45% | Brent Crude Oil US$ 87.49/BBP UP +0.37% | Platinum US$ 928.94/OZ DOWN -0.0078