Hoop dat Finse president kom kuier

Nadat pres. Sauli Niinisto 'n oortuigende oorwinning in Sondag se verkiesing behaal het, is personeel van die Finse ambassade in Windhoek oortuig dat betrekkinge met Afrika nie sal verander nie.
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn

Niks is seker nie, maar die Finse ambassade in Windhoek is optimisties dat hul herkose president, Sauli Niinisto, Namibië in die nabye toekoms moontlik by sy reisplanne sal insluit wanneer hy Afrika besoek.

Die 69-jarige Niinisto het Sondag só ‘n groot meerderheid in Finland se presidentsverkiesing behaal dat hy ‘n tweede ronde verkiesings afgeweer het.

Hy is die eerste kandidaat in Finland om dít reg te kry sedert Finland in 1994 ‘n president regstreeks begin kies het.

Tydens ‘n inligtingsessie by die Finse ambassade Maandag, ná die amptelike uitslae bekend gemaak is, het mnr. Jan Koivu, die programbeampte in die eenheid belas met Suidelike- en Wes-Afrika van die Finse departement van buitelandse sake, verduidelik twee verkiesingsrondes word in Finland gehou wanneer een kandidaat nie daarin kan slaag om meer as die helfte van die stemme op hom of haar te verenig nie.

Die voormalige minister van finansies en speaker van die Finse parlement is sedert sy eerste verkiesing in 2012 uiters gewild in Finland.

Hy het as onafhanklike kandidaat gestaan en het geen bande met die konserwatiewe Nasionale Koalisieparty, waarvan hy vantevore die voorsitter was nie.

Te oordeel aan die uitslae was Finse kiesers beïndruk met die gematigde rigting wat Niinisto die afgelope ses jaar ingeslaan het.

Die slagspreuk tydens die verkiesingsveldtog was “Vrede maak saak” - dit geld sowel die internasionale as plaaslike toneel.

Ander kandidate wat aan die verkiesing deelgeneem het, het as volg gevaar: Pekka Kaavisto van die Groen party: 12,4%; Laura Huhtasaari van die regse Finns-party: 6,9%; Paavo Väyrynen: 6,2%; Matti Vanhanen, ‘n voormalige eerste minister van Finland: 4,1%; Tuula Maatainen, ‘n sosiale demokraat: 3,3%; Merja Kyllönen van die linkse koalisie: 3% en Nils Torvalds, ‘n Sweedssprekende Fin: 1,5%.

Volgens Koivu sluit die verantwoordelikhede van die president in dat hy wetsontwerpe goedkeur wat deur die parlement aanvaar is, dat hy leiding neem met Finland se buitelandse beleid, dat hy die eerste minister, ander ministers, regters en senior staatsamptenare aanstel, en dat hy die opperbevelvoerder van die Finse weermag is.

Die president besluit ook met die toestemming van die parlement oor oorlog en vrede.

Volgens die nuusagentskap AP wil die meeste Finne hê Niinisto moet in die tweede termyn as president verseker die land se vriendskapsbetrekkinge met naburige Rusland word gehandhaaf.

Finland deel ‘n 1 340 kilometer lange grens met Rusland.

Tog wil die Finne ook goeie betrekkinge met Amerika en lidlande van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo) verseker.

Te oordeel aan die verkiesingsuitslae dink kiesers Niinisto het hom goed van sy taak gekwyt om hierdie balans te handhaaf.

Finland het in 1995 by die Europese Unie aangesluit, maar is nie ‘n volle lid van Navo nie.

Volgens Koivu word geen verandering in die Finse buitelandse beleid jeens Afrika verwag nie en kan Namibië uitsien na voortgesette uitstekende betrekkinge met die land.

Niinisto is die 12de staatshoof sedert Finland in 1917 onafhanklik van Rusland geword het. – Bykomende bronne Nampa/AP

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.13 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.89 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.13 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 384.89/OZ UP +0.21% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.20% | Zinc US$ 2 863.10/T UP 1.46% | Brent Crude Oil US$ 87.49/BBP UP +0.37% | Platinum US$ 929.76/OZ DOWN -0.0069 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.13 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.89 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.13 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 384.89/OZ UP +0.21% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.20% | Zinc US$ 2 863.10/T UP 1.46% | Brent Crude Oil US$ 87.49/BBP UP +0.37% | Platinum US$ 929.76/OZ DOWN -0.0069