Hoograma op Rehoboth woed voort ná skorsings

Ofskoon alle aanduidinge is die geskorste Rehoboth-dorpsraadslede is op pad terug, bly dié plaaslike owerheid omstrede.
Denver Kisting
Denver Kisting – Die ministeriële verteenwoordiger wat sake op Rehoboth moes regruk, me. Nathalia /Goagoses, sê sy’t haarself uit daardie verantwoordelikheid “gedwing”.

Dít kom nadat sy moedeloos geraak het oor die gebrek aan verantwoordbaarheid, sê sy.

Dat geskorste raadslede “net so teruggebring word asof niks gebeur het nie”, blyk die hoofdoring in haar vlees te wees.

“Hulle moet aanspreeklik gehou word,” het sy gister gesê.

Dr. Peya Mushelenga, minister van stedelike en landelike ontwikkeling, het in Maart verlede jaar die ganse dorpsraad geskors.

/Goagoses het gister by navraag gesê sy kon nie langer aanbly en haar eie beginsels daardeur ondermyn nie.

Haar termyn het amptelik in September ten einde geloop en Oktober het kragtens ’n ooreenkoms met Mushelenga as kennismaand gedien, sê sy.

Hoewel sy “tegnies gesproke” steeds in die tuig is tot eerskomende Donderdag het sy Vrydag reeds amptelik die leisels aan die burgemeester, me. Christina Blaauw, oorhandig.

Volgens haar het sy die afgelope drie weke die geskorstes op die hoogte gebring van hoe sy die dorp administratief probeer bestuur het.

/Goagoses sê sy is hartseer oor die stand van sake op Rehoboth.

“Die skade wat gedoen is, is groot.”

Volgens haar is haar pogings as ’n grap gesien “en ek is hierdie kant ernstig”.

Mushelenga het gister gesê: “Geliewe kennis te neem dat ek nog geen aankondiging oor die Rehoboth-kwessie gemaak het nie. Dit is voortydig om tot dan op die kwessie kommentaar te lewer.”

Toe hy gepols is oor ’n berig in ’n plaaslike Rehoboth-koerant waarvolgens die skorsings opgehef is, het hy gesê: “Om raadslede weer aan te stel of te onttrek, word deur die Staatskoerant gedoen. Enige Staatskoerant wat dit sê? Datum en nommer?”

Oor Goagoses se tweede sesmaandetermyn wat ten einde geloop het, sê hy: “Daar is geen eerste en tweede termyn nie. Sy dien as die minister se verteenwoordiger sedert die datum van haar aanstelling tot die minister anders besluit.”

Mushelenga het in ’n stadium aan Republikein gesê: “Die Rehoboth-raadslede sal net weer aangestel word wanneer ons tevrede is die bedrywighede van die munisipaliteit het heeltemal na normaal teruggekeer.”

/Goagoses het gister gesê sy sal aan die einde van dié week alles onthul wat sy by die plaaslike owerheid ervaar het. “Rehoboth sal ondergaan as ons stilbly. Ek sal volle verantwoordelikheid aanvaar vir dit wat ek sal sê. Ek sal die nasie vertel.”

Sy sê sy besef sy gaan waarskynlik “in die moeilikheid kom. Ek is nie bang nie. Dis 46 000 inwoners se welstand wat op die spel was”.

Die Rehoboth-dorspraad is die afgelope jare pal in die nuus vanweë bewerings van wanbestuur.

/Goagoses sê daar is hoop mits dinge reg gedoen word.

Sy sal ook tydens haar ontboeseming oop kaarte speel oor dit was sy nié bereik het nie, het sy gister gesê.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.89 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.89 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.89 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.89 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%