Hoofweg eis agt lewens
Hoofweg eis agt lewens

Hoofweg eis agt lewens

Anneli Erasmus
Des Erasmus - Ambulansdienste van die Namibiese lugmaghoofkwartier by Karibib en die Navachabmyn aan die buitewyke van die dorp moes Sondag­middag hulp verleen waar twee noodlottige motorongelukke binne ure ná mekaar die B2-hoofweg na die kus in ’n slagveld omskep het.
Die ongelukke het agt lewens geëis - ses in die eerste kop-teen-kop-botsing en nog twee toe ’n voertuig ’n entjie daarvandaan teen die helling net wes van Usakos gerol het.
Een van die oorledenes in die eerste ongeluk is ’n seuntjie van net vier jaar. Meganiese toerusting moes gebruik word om van die insittendes uit die wrakstukke te bevry. Ná die eerste ongeluk is ses ambulanse gebruik om beseerdes van Usakos na Windhoek oor te plaas. Dit het meegebring dat die beseerdes in die tweede ongeluk lank op mediese bystand op die toneel moes wag. Dit was waar die lugmagambulansdiens en dié van die Navachabmyn hulp kom verleen het.
Die insittendes van ’n bussie van ’n langafstandtaxidiens was in die tweede ongeluk betrokke. Van die passasiers se bagasie het gestrooi op die ongelukstoneel gelê. Beweringe op die toneel was dat van die bagasie deur verbygangers gesteel is. Paramedici het op albei die tonele gekla dat nuuskieriges hul werk bemoeilik het waar hulle op die tonele saamgedrom het. Die toestand is vererger deur verkeer wat langs die hoofpad in ’n enkelbaan langs die pad moes sukkel om verby te kom.
In die eerste ongeluk Sondag net ná die middaguur is vier mense, ’n vrou, twee mans en ’n seuntjie, op die toneel dood.’n Beseerde vrou is in die hospitaal op Usakos dood en nog ’n vrou is na ’n intensiewesorgeenheid in Windhoek gehaas waar sy Sondag omstreeks 18:00 gesterf het. Haar naam was gister­middag bekend, maar haar naasbestaandes moes nog ingelig word. Die name van die ander oorledenes is ook gister nog deur die polisie weerhou. Vyf van die oorledenes was passasiers op die bakkie en die sesde was ’n insittende van ’n gewone motor wat van die kus op pad was na die binneland. Aanduidinge was dat ’n voorband van die motor gebars het en veroorsaak het dat die voertuig buite beheer was.
Mnr. Terrence Ward van die Eagle-ambulansdiens op Swakopmund was ná die eerste ongeluk van Usakos op pad terug na Swakopmund toe hy op die tweede ongeluk ongeveer vier kilometer van die eerste afgekom het. In die bussie was sewe passasiers en hulle is in die slag van die ongeluk uit die rollende voertuig gegooi. ’n Vrou is op die ongelukstoneel dood. Nog ’n beseerde vrou het later gesterf aan van die beserings wat sy opgedoen het.
Benewens die bystrand van die lugmag en die myn het susters van die staatshospitaal op Usakos ook op die toneel kom help.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!