Hoofstad N$450 miljoen agterstallig
Hoofstad N$450 miljoen agterstallig

Hoofstad N$450 miljoen agterstallig

Windhoek se munisipaliteit sê interne skuldinvorderingsmetodes werp geen vrugte af nie, terwyl die getal agterstallige rekeninge bly groei.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh



Windhoekers wie se rekeninge tans vir 120 dae of langer agterstallig is, skuld die munisipaliteit (CoW) sowat N$450 miljoen.

Volgens die munisipale woordvoerder, me. Lydia Amutenya, is private in­dividue die grootste sondaars, met 'n agterstallige skuld­rekening van sowat N$321 miljoen.

Besighede se agterstallige­ skuld beloop tans sowat N$113 miljoen.

“Die munisipaliteit het formele ooreenkomste vir agterstallige kliënte beskikbaar. Tog het die meeste van hulle versuim om die ooreenkomste na te kom,” sê Amutenya.



aggressiewe poging

Dit het daartoe gelei dat die munisipaliteit 'n skuldin­vorderaar, Redforce Debt Management, aangestel het in 'n “aggressiewe poging” om besighede en private inwoners se skuld in te vorder.

Dit behels dat diegene wie se munisipale rekeninge op 3 Junie 120 dae en meer agter­stallig was aan die skuld­invorderaar oorhandig word, terwyl hul munisipale dienste ook afgesny sal word.

CoW sê 'n skuldinvorderaar is aangestel omdat talle interne pogings om skuld in te vorder, geen vrugte afgewerp het nie en die getal agterstallige rekeninge bly groei het.

“Dit het onprakties geword om dit met die beskikbare mannekrag te probeer bestuur,” het Amutenya gister aan Republikein gesê.

CoW het Maandag reeds die dienste van kliënte met agterstallige munisipale rekeninge begin afsny, het Amutenya bevestig, maar sy kon nie sê hoeveel tans hierdeur geraak word nie.

Sy het bevestig die proses om mense se watertoevoer af te sny, is ook reeds begin.

Amutenya sê die munisipaliteit vereis gewoonlik dat agterstallige kliënte sowat 50% van hul totale agterstallige rekeninge vereffen.

Dan kan 'n reëling getref word om die uitstaande skuld oor 'n tydperk van drie tot twaalf maande terug te betaal.

Indien 'n kliënt dit nie kan doen nie, kan gereël word om 'n derde van die totale uitstaande bedrag onmiddellik te betaal, waarná die res van die agterstallige skuld ook binne drie tot twaalf maande vereffen moet word.

In die munisipale kennisgewing wat verlede week uitgereik is, word kliënte wie se rekeninge aan die skuldinvorderaar oorhandig is, aangemoedig om reëlings vir betaling met Redforce te tref.

Alle betalings word direk aan die munisipaliteit gemaak.

“Wanbetalers loop die risiko om 'n bykomende koste aan die skuldinvorderaar te betaal, wat gelyk is aan sowat 10% van die oorhandigde bedrag,” lui die kennisgewing.

CoW sê terwyl rekeninge by die skuldinvorderaar is, sal alle munisipale dienste opgeskort word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!