Hoofstad-bejaardes skuldvry
Hoofstad-bejaardes skuldvry

Hoofstad-bejaardes skuldvry

NAMPA
Die Swapo Party Elders Council (SPEC) het Windhoek se munisi­paliteit onlangs bedank vir die besluit om sowat 191 miljoen ­pensioenarisse en weerlose Nami­biërs se uitstaande munisipale skuld af te skryf.

Volgens me. Lydia Amutenya, woordvoerder van die munisipaliteit, het die stadsraad tydens 'n vergadering in Junie onderneem om vas te stel wat die waarde van dié uitstaande skuld beloop, wat toe op N$600 miljoen bereken is.

SPEC het die munisipaliteit tydens 'n byeenkoms bedank en mnr. Mukwaita Shanyengana, die organisasie se sekretaris, het gesê hulle stel dié besluit hoog op prys.

“Dit is 'n stap in die regte rigting,” het Shanyengana gesê.

As bewys van hul dankbaarheid het SPEC 'n sertifikaat, trofee en brief aan mnr. Muesee Kazapua, Windhoek se burgemeester, oorhandig.

Shanyengana het voorts gesê die ­organisasie het in 2012 en 2017 reeds 'n voorstel by Swapo se verkiesingskonferensies gemaak om minstens 25% van bejaardes se agterstallige skuld af te skryf.

“Ons het op 25% gehoop, maar die munisipaliteit, met sy ­jeugdige burgemeester, het so ver as 100% gegaan. Omake aan die munisipaliteit, ons waardeer wat hulle vir ons gedoen het,” het hy gesê.

Dit was nie 'n maklike besluit nie, het Kazapua gesê.

Hy het Windhoek se bejaardes en kwesbare inwoners aangemoedig om die jeug se aandag daarop te vestig om water en elektrisiteit ­spaarsamig te gebruik om te voorkom dat dié omstandighede herhaal word.

Hy het voorts gesê die munisipaliteit is besig om voorafbetaalde water­meters vir pensioenarisse te laat ­installeer, hoewel dié proses nog in die beginstadium is.

Die munisipaliteit hoop om uiteindelik meer as 50 000 voorafbetaalde elektrisiteitsmeters te laat installeer, het Kazapua bygevoeg. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!