Hoofman Dawid Fredericks oorlede
Die hoofman van die !Aman Nama, mnr. Dawid Fredericks, is Vrydag in die ouderdom van 85 jaar op Keetmanshoop in die hospitaal dood.
Hy was nou betrokke by die onderhandelinge met Duitsland vir vergoeding wat deur die Herero en Nama vir die volksmoord in die Duitse koloniale tydperk tussen 1904 tot 1908 geëis word.
Die president van die Popular Democratic Movement (PDM) en leier van die amptelike opposisie, mnr. McHenry Venaani, het in sy huldeblyk gesê hy het met “'n swaar hart vol hartseer en verlies” kennis geneem van die dood van Fredericks, “'n dierbare vriend”.
“Die hoofman was 'n beginselvaste leier wat ons beweging oor baie dekades ondersteun het. Hy was tot die einde toe tot die saak verbind.
“Hy was die eerste ontvanger van die PDM se hoogste toekenning, naamlik die Orde van Dapperheid van opperhoof Clemence Kapuuo, by ons laaste kongres. Hy was 'n waardige leier en 'n patriot en 'n beginselvaste stem vir reparasies oor die jare.
“Ons moet in styl en waardigheid van hom afskeid neem. Die seun van Bethanie se stem is stil,” het Venaani gesê.
Fredericks is in 1984 as hoofman van die !Aman Nama ingehuldig. Voor dit was hy vanaf 1972 tot 1984 'n raadgewer en raadslid van oudhoofman Jan Samuel Herero, wie hy opgevolg het.
In Januarie verlede jaar het hy namens die Nama- en Herero-volke by die groepeis teen Duitsland aangesluit waarin op reparasies aangedring word.
Hy was ook 'n stigterslid van die Nama Tradisionele Leiersvereniging (NTLA) wat hom vir die vereniging van die Nama beywer het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie