Hongkongse wetgewer kap na betogers
Hongkongse wetgewer kap na betogers
10 January 2017 | Internasionaal
Hongkong se pro-demokrasie-wetgewer, Nathan Law, het gister gereageer op die “gewelddadige aanval” deur pro-China-betogers by die stad se lughawe met sy terugkeer van 'n politieke forum in Taiwan.
Die twee dae lang forum is gehou vir demokratiese bewegings in Hongkong en Taiwan om gedagtes te wissel.
Die 23-jarige Law het hom in die aankomsaal van die lughawe in die betogers vasgeloop.
Betogers, wat Law daarvan beskuldig dat hy onafhanklikheid vir Hongkong voorstaan, het op hom geskree, vloeistof in sy gesig gegooi en hom probeer bydam terwyl veiligheidspersoneel van die lughawe gesukkel het om hom na veiligheid te begelei.
Dit volg nadat Law en ander hoëprofiel Hongkongse pro-demokrasie-aktiviste, insluitend Joshua Wong, Saterdag met hul aankoms in Taipei ook deur pro-China-betogers ingewag is.
Law het gister tydens 'n mediakonferensie die aanvalle “bendepolitiek” genoem en die Chinese Kommunistiese Party daarvan beskuldig dat dit demokrasie probeer ondermyn.
- Nampa/AFP

Soortgelyk
Vyftienjarige steek pa glo dood
19 ure gelede | Misdaad
Man 'verbrysel meisie se gesig met 'n klip'
19 ure gelede | Misdaad
Besighede hoes N$1,3 miljard vir opleiding
19 ure gelede | Onderwys
Meester met ’n mielie
19 ure gelede | Landbou
Halfmiljoen kry voete
19 ure gelede | Misdaad
Weer vir 25 April
19 ure gelede | Weer
Tourism Networking Conference to precede Expo
19 ure gelede | Gebeure
Oranjerivier bereik die see
19 ure gelede | Weer
Swanger tiener glo met dwelms betrap
19 ure gelede | Misdaad
Kleinadvertensies