Hongkong leierskap-wedloop raak warm
Een van twee hoëprofielleiers kan die stad se nuwe hoof word.
China het gister die bedanking van twee van Hongkong se topamptenare, van wie een die finansiële sekretaris is, goedgekeur. Dit baan die weg vir dié amptenare om in Maart se verkiesing die nuwe hoof- uitvoerende beampte van die finansiële naaf te kan word.
China het die bedanking van die finansiële sekretaris, John Tsang, en van Carrie Lam, die stad se hoofsekretaris, goedgekeur, het die amptelike nuusagentskap, Xinhua, berig.
Die voormalige Britse kolonie is in 1997 aan China teruggegee en die nuwe leier gaan groot uitdagings hê. Dit sluit onder meer in die handhawing van Hongkong se mededingendheid teen die agtergrond van 'n afname in China se ekonomiese groei, asook versoening van die kommunistiese partyleiers in Beijing en voorspraakmakers vir universele stemreg.
Bespiegelings word al sedert Tsang se bedanking gemaak, en Beijing se stilswye het vrae laat ontstaan oor of China die twee leiers se kandidatuur sou goedkeur.
Die volgende leier van die stad met 7,2 miljoen inwoners sal deur 'n paneel van 1 200 lede, vol pro-Beijing lojaliste, gekies word.
- Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie