Hondsdolheid eis vier renosters

Onthoring om stropers te ontmoedig

14 October 2021 | Omgewing
Tanja Bause



Verlede jaar het een renoster weens hondsdolheid in Namibië gevrek. Die diere word nou teen hondsdolheid ingeënt, maar meer navorsing word benodig.

Volgens Juliette Erdtsiek van die Rhino Momma Project was dit die eerste keer dat hulle 'n renoster weens hondsdolheid verloor het.

“Deur ons wildveearts het ons verneem dat daar sover vanjaar reeds vier renosters weens dié siekte gevrek het. Dis ongehoord en ons het nou begin om al ons renosters in te ent.

“Ons dien die gewone hondsdolheid­entstof toe – net 2 ml in plaas van 1 ml, omdat dit sulke groot diere is.”

Volgens Erdtsiek kon nog meer renosters weens hondsdolheid gevrek het, maar kom mense dit nie agter nie, omdat hulle die dooie dier in die veld vind en nie genoeg navorsing doen oor hoekom die dier gevrek het nie. Mense vind die karkas en sien nie die simptome nie.

“Ek sal volgende jaar wanneer ons die renosters onthoring, bloed trek sodat ons kan navors of die entstof help en wat ons in die toekoms moet doen.”



ONTHORING

Sy is van mening natuurbewaarders en verskeie organisasies het al alles probeer om renosters teen stropers te beskerm en dat die tyd gekom het om buite die boks te dink en die diere te onthoring.

“As al ons renosters onthoring is, is dit nie die moeite werd vir 'n stroper om al die pad hierheen te kom nie. Daar is niks wat hulle kan vat nie en hulle het nie meer 'n motief om die dier dood te maak nie.”

Die renoster word verdoof en die horing word tussen tien en 15 cm bokant die vel afgesaag.

“Daar is geen bloed of gevoel nie en die dier kry nie seer nie. Dis soos wanneer jy jou naels knip. Mens kan die onthoring vergelyk met 'n skaap wat geskeer word en volgende jaar het al die wol teruggegroei en die skaap word weer geskeer. Dis presies dieselfde met 'n renoster se horing.”

Terwyl die renoster slaap, word die dier ingeënt en deeglik ondersoek.

“Ek versamel ook monsters van die horing, bloed en weefsel vir die RhODIS-kit. Dit word alles na Suid-Afrika gestuur en daar op 'n databasis ingevoer. Wanneer 'n renoster gestroop en die horing op enige plek in die wêreld gevind word, kan dit via die databasis na die dier en land van herkoms teruggespoor word.”

Om 'n renoster te onthoring, is egter baie duur. 'n Helikopter, vlieënier, wildveearts en 'n span op die grond wat die onthoring doen, moet gehuur word.

“Dié gesamentlike koste beloop sowat N$20 000 en dis hoekom ons met 'n projek wil begin waar mense een of meer renosters kan borg en waar hulle dan teenwoordig kan wees terwyl die renoster onthoring word.

“Mense kan eerstehands van die dier en die onthoring leer en by wees terwyl hulle 'n renoster red. Dis 'n belewenis wat jy nooit sal vergeet nie.”



RHINO MOMMA

Die projek is elf jaar gelede deur Jaco Muller en sy seun, Tristan, begin.

“Tristan het 'n skoolprojek oor renosters en hul horings gedoen en die familie het besluit om renosters op hul plaas te hervestig. Hoe meer Jaco van die diere geleer het, hoe meer het hy op die besonderse spesies verlief geraak. Deur passie is die familieplaas in 'n organisasie verander om hulle te bewaar,” het Erdtsiek vertel.

Die eerste weeskalf wat die projek gekry het, was Boet, wie se ma vermoedelik aan 'n besering gevrek het.

“Ons kry ook kalfies wie se ma's deur stropers doodgemaak is. Hulle is die meerderheid; sonder stropery sou ons baie min kalfies moes grootmaak.”

Volgens Muller is die hoofdoel van die Rhino Momma-projek om Namibië en Afrika se renosterbevolking te vergroot.

“Ons het al renosters na Angola en die DRK uitgevoer. Die probleem is egter dat dit tans weens die toename in stropery baie geld kos om die diere veilig te hou. Ongelukkig is renosters op die oomblik dood baie meer werd as lewend,” het hy gesê.

“Ons sit nie al ons eiers in een mandjie nie en het al renosters na die Verenigde State van Amerika uitgevoer. Hulle doen ongelooflik goed daar en word goed opgepas.

“Die man in die VSA het reeds elke renosterspesie in sy besit en sy doelwit is om hul genetika en al die spesies vir toekomstige geslagte te bewaar,” het Erdtsiek gesê.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Gevalle styg met 41%, moontlike aanvang van vierde golf

1 uur gelede | Gesondheid

Die aantal Covid-gevalle in die land het binne 'n dag met 41% gestyg. Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, kan...

Chelsi bekoor in unieke kostuum

15 ure gelede | In beeld

Die Mej. Namibië-organisasie het gister die kostuum onthul wat Chelsi Shikongo op 12 Desember sal dra wanneer sy die land by die Mej. Heelal-skoonheidskompetisie in...

Eksamenbedrog: 32 vraestelle kry voete

15 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht'n Reuse-terugslag vir die on­skuldige kandidate wat 'n kans gestaan het om die eksamen met vlieënde vaandels te slaag. Dit was die algemene gevoel...

Houtskoolbedryf uit miljoene bedrieg

15 ure gelede | Misdaad

Nuusredaksie‘n Vermeende sindikaat wat glo met die depositogeld van Suid-Afrikaanse kopers vir Namibiese hout- en houtskoolvragte verdwyn, bosboupermitte vervals en na bewering die bedryf met...

LPM neem hoofstad se leisels oor

15 ure gelede | Regering

Sade Gawanas, Windhoek-burgemeester; “Windhoek verdien net die beste van almal.”;

Weer vir 2 Desember 2021

15 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele donderbuie in die noorde, ooste en suidooste. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel tot warm met...

Meer as N$200 m. jaarliks vir ARV’s

15 ure gelede | Gesondheid

Henriette LamprechtSowat 8,3% van die Namibiese bevolking is MIV-positief, met meer as 93% van volwassenes en 81% van kinders wat kwalifiseer om antiretrovirale behandeling te...

Florin soek sy vryheid

15 ure gelede | Howe

Jana-Mari Smith - Die aansoek waarin Thomas Adolf Florin (54), na wie destyds as die slagter van Swakopmund verwys is, poog om ná byna 22...

Mediavakbond ontvang opleiding

15 ure gelede | Arbeid

Augetto Graig Die direkteur van die Internasionale Federasie van Joernaliste (IFJ) se Afrika-kantoor, mnr. Pa Louis Thomasi, het verlede Vrydag en Saterdag ’n slypskool saam...