Honderde miljoene vir veevoer nodig
Ronelle Rademeyer - Die 2019 droogte is ‘n omvangryke ramp en ten minste N$170 miljoen is nodig om net 5 persent van die nasionale veekudde oor die volgende twee maande te voer.
Só het mnr. Ryno van der Merwe, president van die Namibië Landbou-unie (NLU), gister gesê toe dié unie en die Namibië Opkomende Kommersiële Boere-unie (Necfu), gister die Dare to Care-noodfonds vir gesubsidieerde veevoer geaktiveer het.
Dié unies wil teen die einde van Maart in samewerking met ander belanghebbendes in die landboufamilie soos insetverskaffers, abattoirs, landbourade en finansiële instellings N$10 miljoen insamel om veevoer teen verlaagde pryse aan produsente beskikbaar te stel.
Van der Merwe sê dit is sodat boere hul vee kan voer sodat dit binne die volgende twee maande bemark kan word om sodoende die las op die weiveld te verlig. Hy sê gesprekke is reeds met abattoirs gevoer om bykomende slagbeurte te skep as dit sou nodig wees.
Mnr. Alpheus !Naruseb, minister van landbou, water en bosbou, het by dié geleentheid gesê Namibiërs se oorlewing as ‘n nasie is verbind tot die oorlewing van die landboubedryf. Hy het sy onvoorwaardelike steun aan die inisiatief gegee en gesê dit wys die landbougemeenskap help homself terwyl hy wag om te hoor hoe die regering hierdie krisis gaan takel.
Oor of dit tot ‘n noodtoestand verklaar gaan word, het !Naruseb gesê die regering kan só ‘n besluit net met die nodige “empiriese data” tot sy beskikking neem. Dié data behoort teen Maart beskikbaar te wees.
Namibië se vorige staatshoof, pres. Hifikepunye Pohamba, het in Mei 2013 ‘n noodtoestand afkondig in die lig van die droogte wat daardie seisoen geheers het.
Mnr. Roelie Venter, uitvoerende bestuurder van die NLU, sê die landboutoestande is nou veel swakker as wat dit toe was, aangesien Namibië daarna die een ondergemiddelde reënseisoen na die ander gehad het.
Van der Merwe het ‘n beroep op die private sektor, die internasionale gemeenskap en die publiek gedoen om die fonds te ondersteun. Hy het die versekering gegee dat dit onafhanklik geoudit sal word om deursigtigheid te verseker.
Die bankbesonderhede is soos volg: Dare to care, FNB Commercial Suite, Rekeningnommer 620 2111 9509, Takkode 28 19 72. Die bewys van betaling moet na 061 220 193 gefaks of per e-pos na [email protected] gestuur word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie