Honderde by The Gathering verwag
Perderesies
Dis langnaweek en daar word verwag dat Namibiërs van alle kleure en geure die pad sal vat om te ontspan, by hul families te kuier en ook by sportbyeenkomste teenwoordig te wees.
Een groot trekpleister is gewis die perderesies bekend as The Gathering wat môre by die nuwe resiesbaan op die suidelike oewer van die Oanobrivier buite Rehoboth gehou word.
Organiseerders van die kompetisie glo dat dit geslaagd sal wees en dat honderde toeskouers daar sal wees. Lede van die Rehoboth Community Trust is oortuig dat The Gathering ook die grootste saamtrek van topklas geteelde veldaangepaste Boerbokke by die dag se veiling sal wees.
Die dag sal ook sorg vir verskillende stalletjies en vermaak onder die koel skaduwees van 300 jaar oue boomreuse en met sagte riviersand tussen die tone.
In die 1000 meter word na die vinnigste perd in Basterland gesoek. Benewens die spogmerrie en gunsteling Rose Gold is Warm Peg, Silwer Goddess ook buiteperde wat nie misgekyk moet word nie. Rose Gold is nog onoorwonne oor 1000 meter en dit sal kos om haar te onttroon.
Die hoofwedren oor 2000 m gaan vir groot opwinding sorg. Hier is ’n paar perde en jokkies met hope ervaring. Dit is die groot resies wat perdeliefhebbers op Rehoboth en ander plekke na die byeenkoms lok.
Die groot yster is Master Chi wat bekendheid verwerf het vir sy hardloopstyl wat reeds sand in menige opponent se oë geskop het. Hazel Jay mag nie afgeskryf word nie, want die merrie kan op haar dag vir groot verrassings sorg.
Soos in die verlede word ’n regstreekse radio-uitsending verwag by hierdie aksiebelaaide perderiller wat die verbeelding van die gemeenskap aangryp. ’n Dag vol pret en vermaak lê voor danksy die werk van beamptes van die Community Trust.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie