Honderd jaar se vrede gevier
Wapenstilstandsdag word Sondag ook plaaslik by die offerkruis van die Statebond se Kommissie vir Oorlogsgrafte (CWGC) gevier.
Yolanda Nel – Op 11 November 1918 is die Eerste Wêreldoorlog beëindig.
Honderd jaar later word Wapenstilstandsdag eerskomende Sondag wêreldwyd gevier om dié te vereer wat met hul lewens vir dié oorlog moes boet.
Volgens mnr. André Anthonissen, van die Namibiese organisasie vir oorlogsveterane (Moth), is Wapenstilstandsdag die mees simboliese herdenking van oorlogsveterane in die militêre geskiedenis sedert 1918.
“Hoewel dit belangrik is dat ons dié onthou wat hul lewens in die oorlog verloor het, fokus vanjaar se geleentheid op die handhawing van vrede,” het Anthonissen gesê.
“Dit is belangrik om die stilte te verbreek en die jeug oor die wêreld se geskiedenis te leer.
“Die geleentheid is vir enigiemand wat diegene wil herdenk wat hulle verloor het. Bring jul kinders sodat ons die einde van die Eerste Wêreldoorlog kan vier.”
Moth bestaan onafhanklik van ras, godsdiens of politiek, soortgelyk aan die gevegsfront, maar met volle demokrasie, sê Anthonissen.
“Die organisasie beoog om die belange van oorlogsveterane en hul naasbestaandes te beskerm en te bevorder deur oudsoldate se liefdadigheidswerk,” het hy gesê.
Sondag se geleentheid vind om 10:00 by die offerkruis van die Statebond se Kommissie vir Oorlogsgrafte (CWGC) in Robert Mugabeweg plaas.
Vir meer inligting, kontak Anthonissen by 081 236 2151, of stuur ‘n e-pos aan [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie