Hondeienaar moontlik vervolg

Wag op kerkperseel doodgebyt

04 September 2018 | Misdaad
Denver Kisting - 'n Minderjarige kind was eerste op die toneel waar 'n Amerikaanse­ vegbulterriër 'n man op 'n kerkperseel doodgebyt het.

Dié reun, Scoobie, is intussen deur die stadspolisie van kant gemaak, het konstabel Fabian Amukwelele, 'n woordvoerder, gistermiddag gesê.

Republikein verneem 'n klag van strafbare manslag is teen die eienaar van die hond by die Otjomuise-­polisiekantoor aanhangig gemaak.

Dié man, mnr. Moses Nyjamba, het gister by navraag die voorval bevestig.

Toe die koerant gistermiddag die perseel van die Shalom Centre besoek, het 'n somber atmosfeer oor die werf gehang.

Personeellede was steeds in skok en wou nie veel oor die voorval sê nie.

Amukwelele het gister beweer die hond was ondervoed terwyl 'n werknemer gesê het die hond was dikwels moeilik en het glo vantevore ander honde doodgebyt.

Die heining rondom Nyjamba se huis lê plat op die grond.

Volgens Amukwele voer Nyjamba aan dié skade is deur 'n voertuig ­aangerig. Hy het beplan om die heining te herstel, het Nyjamba glo gesê.

Die kind het vroeg verlede Donderdag op die lyk van die veiligheidswag op die perseel van die sentrum, waar kerkkampe dikwels gehou word, aan die buitewyke van Windhoek afgekom.

Die kind was deel van 'n skoolgroep wat vir 'n week op die perseel gekampeer het.

Volgens die polisie was die oor­ledene, mnr. Thomas Mwndjendavi, tussen 40 en 50 jaar oud. Sy lyk is omstreeks 06:00 ontdek.

Volgens inspekteur Pendukeni Haikali van die Namibiese polisie se skakel­afdeling het die tou waaraan die hond vasgemaak was, glo op 'n onverklaar­bare manier gebreek.

Volgens die woordvoerder is twee ander gemeentelede ook deur die hond gebyt. Een van dié twee mense is na verneem word ernstig beseer.

Nyjamba het gister ontken dat hy nalatig was. Volgens hom het hy die oggend van die voorval besef die hond het tou en al losgebreek van die draad waaraan hy vas was. “Ek is tans baie emosioneel oor die storie.”

Intussen sê Amukwelele twee ander mense is Saterdag in Grysblok in Windhoek ook deur 'n Amerikaanse veghond gebyt.

Dié hond is teen gister nog nie van kant gemaak nie, het hy gesê.

Siviele gevolge

Dr. Tapiwa Warikandwa, 'n senior regsdosent verbonde aan die Universiteit van Namibië (Unam), het gister gesê 'n siviele eis is ook nie uitgesluit nie.

Ingevolge deliktereg is dit 'n siviele oortreding wanneer iemand, nalatig of bewustelik, nie 'n plig nakom om skade of beserings te verhoed nie, sê hy.

In gevalle waar diere betrokke is, is eie­naars aanspreeklik vir die skade wat hulle diere veroorsaak, sê Warikandwa. “Dus het 'n persoon, wat in beheer is van 'n moontlik gevaarlike voorwerp of dier, die plig om te verhoed dat iemand anders skade ly. Daarom sal 'n hondeienaar aanspreeklik wees as die hond iemand beseer omdat sodanige eienaar nie redelike stappe gedoen het om die dier te beheer nie. Die eienaar kan regtens verantwoordelik gehou word vir die besering of die gevolglike dood wat spruit uit die skade wat die hond aanrig.”

Volgens Warikandwa moet die beseerde persoon onder meer bewys dat die eienaar 'n verantwoordelikheid gehad het om redelike stappe te doen om die hond se gedrag te beheer en nalatig was wat daardie plig betref.

Hiernaas moet die beseerde persoon ook bewys dat die beserings die gevolg van die eienaar se nalatigheid was.

Soortgelyk

 

Man dood ná hy aan die brand gesteek is

8 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – ’n Man is gisternamiddag in die Katutura-hospitaal dood nadat hy vroeër dié dag vermoedelik aan die brand gesteek is.Komm. Silvanus Nghishidimbwa, die...

Cheetah Cement is hier om te bly

19 ure gelede | Byvoegsels

Augetto Graig - Sedert produksie in April begin het, is dit baie bedrywig by die nuwe Cheetah Cement-aanleg net 3,5 km buite Otjiwarongo. Die aanleg...

Miljoene se verliese in twee brande

19 ure gelede | Ongelukke

Tanja BauseTeen druktyd gister was dit nog onbekend wat presies die brande veroorsaak het wat tot reuseskade vir twee Namibiese ondernemings gelei het.Seapride Foods in...

Geingob besoek Guinee, Kanada

19 ure gelede | Regering

Ronelle RademeyerPres. Hage Geingob het Donder­dag 'n werksbesoek aan Guinee gebring waar hy met pres. Alpha Condé vergader het voordat hy Vrydag in Ottawa, Kanada,...

Versekeraars wen tussenstryd

19 ure gelede | Howe

Elvira Hattingh – Plaaslike versekeringsmaatskappye sal nié gedwing word om herversekering by NamibRe uit te neem nie - tot die hof kan beslis oor...

Agri Kollege wys leerlingraad aan

19 ure gelede | Byvoegsels

Die 2019-leerlingraad van Grootfontein Agri Kollege is onlangs gekies. Volgens mnr. Mr Henk Botha, hoof van dié privaat skool wat in 2011 gestig is, voed...

Kom besoek die driehoek

19 ure gelede | Byvoegsels

Het jy al van die Hoba-meteoriet, die Ghaub-grot en die Ombili San-stigting gehoor? Het jy al die prag van die Otjikoto-meer gesien of die museums...

Mutorwa vergader met TransNamib-raad oor onmin

19 ure gelede | Ministeries

Catherine Sasman - ‘n Lank uitstaande vergadering belê deur die minister van werke en vervoer is gehou om onder meer die beweerde nie-samewerking en ontwrigtende...

NSFAF: Invorderaar kap terug

19 ure gelede | Onderwys

Augetto Graig – Die besturende direkteur van Tribesmen Revenue Solutions, mnr. Solomon Nemaire, sê hy is “verlig” om van die “doodloopkontrak” met die Finansiële Hulpfonds...