Honde slaap nou warmer

27 July 2020 | Gemeenskap
Die hoktydperk van die Erongostreek weens Covid-19 het nie vir me. Donna Collins van Swakopmund gekeer om beddens aan sowat 50 honde in Windhoek te verskaf nie. Sy het beddens aan die honde van die K9-eenheid van die Namibiese polisie, die veediefstaleenheid, die Dierebeskermingsvereniging (DBV) en die Namibiese Vereniging vir Dierebeskerming (NAWA) geskenk. Die beddens wat uit weggooibande gemaak is, is aan die organisasies geskenk toe Collins gehoor het dat die diere snags op koue sementvloere slaap.

“Die honde, veral van die polisie en veediefstaleenheid, kan nie weens die virus by die huis bly nie. Hulle moet werk en dus verdien hulle ’n warm bed na ’n harde dag se werk,” het sy gesê.

Collins wat die stigter van die blikkiesdorp-hondehokprojek langs die kus is, het in ’n rekordtyd die fondse en materiaal vir die beddens ingesamel. Die beddens is ’n buiteband met ’n ‘houtvloer’ waarop ’n kussing en kombers geplaas is. Collins is al die afgelope twee jaar met haar projek besig om honde in veral die armer nedersettings van dorpe langs die kus met hondehokke en -beddens te voorsien.

“Ek het al opgehou tel hoeveel van die beddens en hokke ek al uitgedeel het. Ek bedank ’n ieder en ’n elk wat bande, materiaal of geld geskenk het sodat ons die beddens kon maak.”

Soortgelyk

 

Profeet TB Joshua sterf

4 ure gelede | Mense

Die bekende evangelis en filantroop, past. Temitope Balogun (TB) Joshua, is dood.Is het Saterdagaand, 'n week voor sy 58ste verjaardag, in Lagos, Nigerië gesterf, berig...

Polisieman in Kuisebmond doodgesteek

14 ure gelede | Misdaad

'n Konstabel wat by die polisiekantoor in Kuisebmond diens doen, is in die vroeë oggendure Saterdag dood nadat hy naby sy meisie se huis deur...

Ses sterftes stoot syfer oor 900, 480 nuwe gevalle

20 ure gelede | Gesondheid

Ses nuwe sterftes stoot die totale syfer vir Namibië oor die 900-kerf tot 905. Die sterftes is vier in Windhoek en een elk in Outjo...

Covid-19: Gevalle styg in 24 uit 35 distrikte

1 dag gelede | Gesondheid

Namibië bly in die kloue van ‘n nuwe brander Covid-19-infeksies.Gedurende die sewe dae tot Donderdag het nuwe gevalle in 24 van die land se 35...

22 sterftes, 596 nuwe gevalle

1 dag gelede | Gesondheid

Die Covid-19-verwante sterftesyfer vir Namibië skiet met nog 22 - 12 in Windhoek, twee in onderskeidelik Rehoboth en Walvisbaai, drie in Mariental en een elk...

Rehoboth soek strenger aandklok-monitering teen Covid

2 dae gelede | Gesondheid

Die United People's Movement (UPM) het die streeksbevelvoerder van die polisie in die Hardapstreek, komm. Andries van der Byl, gevra vir polisieversterkings op Rehoboth sodat...

Beesvleisforum vorder met abattoirplan

2 dae gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer – ’n Groep bekommerde beesprodusente wat ten alle koste Namibië se nismarkte in die buiteland vir die voortbestaan van dié bedryf wil beskerm,...

Avonturier verdrink byna tydens riviervaart

2 dae gelede | Mense

Ronelle Rademeyer – ’n Suid-Afrikaanse avonturier wat verlede week ná 55 dae en 2 200 km in sy geel roeiboot die Oranjerivier se monding by...

Harmse on unlimiting the future

2 dae gelede | Mense

Barney Harmse was born in Mafikeng in South Africa in 1970 and his family moved to Namibia when he was just four years old. From...