Hond in brand gewond

Tanja Bause
Tanja Bause



Vyf sinkhuise is Maandag in 'n brand in die Mondesa-woonbuurt op ­Swakopmund verwoes.

Niemand is in die voorval beseer nie, maar 'n hond genaamd Sussie Dicklas het erg deurgeloop.

Haar eienaar, mnr. Dicklas Geiseb, het gesê hy was van die werk af op pad huis toe toe hy rook by sy huis sien uitkom. Sy dogter, wat op Arandis werk, het gebel en gevra of haar kind veilig is.

“Ek wou weet wat sy bedoel en toe vertel sy my van die brand. Ek het in 'n taxi gespring en huis toe gejaag. Toe ek daar aankom, sien ek die huis is besig om af te brand,” het Geiseb gesê.

Volgens hom was Sussie buite die huis vasgemaak en omstanders het gesukkel om haar los te maak omdat sy angstig en wild was.

“Sy het nie geweet hulle wil haar net help nie. Sussie het in die huis in gehardloop en omstanders het haar hoor tjank,” het hy gesê.

Ná die brandweer die brand geblus het, het Geiseb Sussie gaan soek en haar in die enigste kamer wat nie afgebrand het nie, onder die bed gevind.

“Sy het daar weggekruip. Ek het haar onmiddellik in 'n taxi gelaai en haar na die Swakop Vet Clinic geneem.”

Sussie het erge brandwonde aan haar kop, veral haar neus, en voorlyf opgedoen.

Have-a-Heart, 'n organisasie wat mense met 'n lae inkomste se diere gratis steriliseer en kastreer, sal vir Sussie se behandeling betaal. Sussie is aan die organisasie bekend omdat hulle haar onlangs gesteriliseer het.

Volgens Have-a-Heart se woordvoerder wou Sussie aanvanklik niks by die kliniek eet nie.

“Dit was belangrik dat sy eet omdat sy die proteïene nodig het om gesond te word. Sy het op haar tweede dag darem maalvleis verslind,” het die woordvoerder gesê.

“Sy gaan in die nabye toekoms dalk 'n oogoperasie nodig kry. Tans kry sy anti­biotika en pynmedikasie en ons hoop die wonde ontsteek nie en dat sy vinnig gesond sal word. Sussie was baie opgewonde om haar eienaar te sien. Sy is 'n heel ander hond as haar eienaar by is. Ons hoop sy kan gou huis toe gaan, want sy verlang na haar eienaar.”

Geiseb het Sussie vier jaar gelede as baba­hondjie by 'n man in Mondesa gekoop. Hy en sy gesin van vyf, wat almal in die huis bly, het amper al hul besittings in die brand verloor.

“Dit is net die een kamer waarin ek vir Sussie gekry het, wat nie afgebrand het nie. Die res van die huis, ons klere, meubels, elektriese toerusting, alles is vernietig,” het hy gesê.



ORGANISASIES WAT HELP

Noodgevalle soos Sussie s'n word deur Animal Kind International ­gefinansier, wat geld vir dié doel aan Have-a-Heart beskikbaar maak. Geld wat vir sterili­sasies geskenk is, word ook slegs ­daarvoor aangewend.

Afgesien van die sterilisering en kastrering van honde en katte verskaf Have-a-Heart ook inentings aan diere en ontwurm hulle.

Die organisasie is afhanklik van skenkings en het sedert sy stigting in 2013 op Outjo na verskeie dorpe in die land uitgebrei.

Gesamentlik is daar al oor die 5 000 diere sedert die organisasie se stigting tot Junie vanjaar geopereer.

Veeartsenyklinieke van oral in die land en Namibië se enigste mobiele dierekliniek staan saam met Have-a-Heart in die stryd teen ongewenste honde en katte.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!