Hokkie se wenspanne vereer

Die Namibiese Hokkie-unie se vertoonwedstryde tussen drie manskombinasies was ’n treffer.
Michelline Nawatises
Evany van Wyk





Drie vertoonwedstryde ter afsluiting van die 2019 Bank Windhoek binnenshuise hokkieliga is onlangs by die Windhoek-skouterrein gehou, waarna die Namibiese Hokkie-unie (NHU) se prysuitdeling aangebied is.

Bank Windhoek ondersteun die NHU reeds sedert 2015.

“Die rede vir ons betrokkenheid is die groot potensiaal wat Bank Windhoek in die ontwikkeling van dié sportkode raakgesien het,” het André le Roux, die skakelbeampte van Bank Windhoek, gesê.

Die beste manspelers van die Khomas- en Erongostreek het aan die vertoonwedstryde deelgeneem. Dié wedstryde was die eerste in hul soort en die strewe was om die spel te bevorder en groter blootstelling aan die spelers te bied.

“Bank Windhoek het ’n trots Namibiese erfenis en is daartoe verbind om tot die sosioëkonomiese ontwikkeling van Namibië by te dra,” het Le Roux gesê.

Volgens hom moedig Bank Windhoek die jeug aan om aan sportaktiwiteite deel te neem vanweë die vele voordele van fisieke en geestesgesondheid.

In die eerste vertoonwedstryd van die dag het Khomas All Stars en die Erongo-streekspan mekaar die stryd aangesê. Khomas All Stars, wat grootliks uit nasionale spelers bestaan het, het gewys wie is baas met ’n eindtelling van 5-1.

Die tweede wedstryd, tussen Khomas All Stars en Khomas Futures, het die toeskouers gereeld op hul voete gehad. Die All Stars het uiteindelik met 4-3 gewen.

Die jong Futures-kombinasie het wel gewys wat in hul steek deur die laaste wedstryd van die dag, teen Erongo, met 5-1 te wen.

“Al het die kusspan nie ’n wedstryd gewen nie, is die sport in Erongo beslis besig om te groei en te verbeter. Ons is baie trots op hulle,” het Marc Nel, president van die NHU, gesê.

Nel sê hulle wil die vertoonwedstryde aan die einde van die binnenshuise seisoen ’n gereelde instelling maak om meer betrokkenheid in die sport landwyd aan te moedig en veral meer vrouespelers te lok.

Hayley Allen, hoof van korporatiewe sake by Bank Windhoek, het gesê: “Baie geluk aan die NHU wat ’n opwindende inisiatief geskep het. Die land se hokkie verbeter elke jaar en ons is baie trots om deel hiervan te wees.”

PRESTEERDERS

By ’n gesellige geleentheid was al die hokkiespanne in die Bank Windhoek binnenshuise hokkie-liga byeen om die presterende spanne te vier.

Medaljes en trofees is aan die beste spanne in die premierliga, reserweliga, eerste en tweede ligas vir beide mans en vroue toegeken.

Saints is as die algehele beste span in die binnenshuise liga aangewys. Die Windhoekse klub het sowel die mane en vroue se premierliga, asook die mans reserweliga gewen. Angels Ladies, het met die oorwinning in die vroue reserweliga weggestap.

Die Bank Windhoek mans eerste liga-titel het na Sparta van Swakopmund gegaan, terwyl Angels weggestap het as wenners van die vroueliga.

Windhoek Old Boys Sportklub was die kampioene in beide die mans en vroue se tweede ligas.

Nel het die spanne gelukgewens met hul prestasies en ook bedank vir die opwindende vermaak wat hulle aan die toeskouers gebied het.

“Bank Windhoek, baie dankie ook dat julle dit moontlik maak het,” het Nel afgesluit.

Die hokkieseisoen is hoegenaamd nie klaar nie, met die Bank Windhoek veldhokkieligas wat vroeg in Julie begin.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 220.26/OZ UP +1.35% | Copper US$ 3.98/lb UP +0.02% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.55/BBP UP +1.35% | Platinum US$ 907.23/OZ UP +1.38% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 220.26/OZ UP +1.35% | Copper US$ 3.98/lb UP +0.02% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.55/BBP UP +1.35% | Platinum US$ 907.23/OZ UP +1.38%