Hoff-verhoor skop weer af
Hoff-verhoor skop weer af

Hoff-verhoor skop weer af

Jessica Botes
Jessica Botes - Een van die mans wat glo deur ’n sakevrou van Windhoek gehuur is om haar man te vermoor, het gister sy getuienis in die Katutura landdroshof gelewer.
Die beskuldigde, me. Susanne Hoff, het in Junie 2014 onskuldig gepleit op ’n klag van sameswering om moord te pleeg. Die staat beweer sy het gedurende November 2011 met drie mans saamgesweer om haar man, Egbert, te vermoor.
Mnr. Sekonia Sipepe het getuig Hoff het mnr. Wilbard Malima gekontak en gesê sy wil haar man laat vermoor.
Sy het die twee mans na bewering N$37 000 beloof om die moord uit te voer.
“Sy het ons N$12 000 betaal wat Malima toe gelykop tussen ons gedeel het. Ons het die geld gebruik vir vervoer, lugtyd en kos, omdat ons ons werke gelos het om vir haar te help. Dit was van die begin af ons bedoeling om die saak aan die polisie te rapporteer,” het Sipepe getuig.
Volgens hom het Hoff die N$12 000 as voorskot betaal sodat die “taak” vinnig gedoen kan word. Sipepe het volgehou hy en Malima het nadat Hoff vir hulle die geld gegee het, onmiddellik polisie toe gegaan.
“Ons het vir speurinsp. Zachariah Amakali vertel wat gebeur het.
Hy het vir Malima gesê om die volgende dag die beskuldigde te bel en vir haar te sê dat ons die taak uitgevoer het. Amakali het vir ons Egbert se selfoon, sleutels en beursie gegee om vir haar as bewyse te gee dat haar man dood is,” het Sipepe getuig.
Hoff het glo vir Sipepe, Malima en insp. Frans Nakangonbe, ’n polisiebeampte wat hom voorgedoen het as die man wat vir Egbert “vermoor” het, die volgende dag ontmoet waar sy die uitstaande bedrag geld sou betaal.
“Ons het al drie in haar voertuig geklim, maar sy het vir ons net N$4 950 in ’n koevert gegee en gesê sy sal vir ons die res van die geld betaal sodra sy self bevestig het haar man is dood. Ek en Malima het uit die voertuig geklim en vir Amakali wat in die parkeerterrein vir ons gewag het, vertel wat gebeur het. Hy het gesê ons moet daar wag, toe stap hy na Hoff se voertuig waar sy in hegtenis geneem is,” het Sipepe getuig.
Hoff is op 30 November 2011 in hegtenis geneem en byna vyf maande later eers op borgtog van N$50 000 vrygelaat.
Die verhoor is verlede jaar in die wiele gery toe landdros Dinnah Usiku wat die saak verhoor het, na die hoërhof oorplaas is.
Adv. Esi Schimming-Chase verteenwoordig vir Hoff en me. Samantha Diergaardt verskyn vir die staat. Die verhoor word vandag voor landdros Alexis Diergaardt voortgesit.­

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!