Hofdrama kring al hoe wyer uit
Hofdrama kring al hoe wyer uit

Hofdrama kring al hoe wyer uit

Aanklaers by die landdroshof in Windhoek weier om voor landdros Gerrit van Pletzen te verskyn.
Denver Kisting
Denver Kisting



'n Landdros verbonde aan die Windhoek-landdroshof is met verlof nadat aanklaers by dié hof weier om voor hom te verskyn.

Dít kom nadat mnr. Gerrit van Pletzen sowat twee gelede een van die aanklaers, mnr. Rowan van Wyk, aan minagting van die hof skuldig bevind het.

Ná sy skuldigbevinding is Van Wyk tot 30 dae gevangenisstraf gevonnis.

Die beheeraanklaer by dié hof, mnr. Hans Thourob, het gistermiddag bevestig die aanklaers versuim om voor Van Pletzen te verskyn. Trouens, sê Thourob, “dit is ék wat agter dit is”.

Volgens hom is die besluit geneem omdat Van Pletzen na bewering aanklaers boelie en in die verleentheid stel. “Hy verneder hulle. Nou wil niemand voor hom verskyn nie.”

Thourob sê hulle is ingelig dat Van Pletzen na die gesinshof by die Windhoek-landdroshof in Katutura oorgeplaas sal word waar hy nie met aanklaers hoef te werk nie, nadat 'n klagskrif aan die aanklaer-generaal se kantoor oorhandig is.

Op sy beurt het Van Pletzen gister gesê hy het verlof geneem nadat die nuus oor die aanklaers se weiering om voor hom te verskyn, rugbaar geword het. “Ek sit nie op die oomblik op die bank vir sake nie, want hulle weier om voor my te verskyn. Toe't ek besluit ek neem verlof.”

Hoewel hy Woensdag weer vir werk moet aanmeld, sê die landdros hy sal waarskynlik langer vakansie neem.

Hy het voorts gesê van die landdroste by die hof in Lüderitzstraat in die hoofstad is besig met 'n grootskaalse ondersoek na die gedrag van die aanklaers daar. “Ons sal 'n verslag saamstel van alle voorvalle waar hulle drooggemaak het en vir ons gelieg het.”

Volgens hom is die aanklaers “besig om 'n gat vir hulleself te grawe. Die bewyse is als op skrif.”

Van Wyk is onlangs deur Van Pletzen op waarskuwing vrygelaat nadat die aanklaer aangedui het hy gaan teen die skuldigbevinding en vonnis appelleer.

Sy appèl is vir 27 Julie vanjaar geskeduleer. Luidens die hofrekords van die verrigtinge op Vrydag 13 April het 'n woordewisseling tussen die twee mans ontstaan oor presies waar 'n bedrogdossier was.

Van Wyk het glo gesê die aanklaer-generaal se beslissing in die bedrog­saak is steeds nie beskikbaar nie nadat die saak reeds vantevore om daardie rede uitgestel is.

Van Pletzen het glo toe gesê Van Wyk sinspeel daarop dat die dossier nog by die aanklaer-generaal se kantoor lê.

Van Wyk het dít ontken waarna Van Pletzen volgens die hofrekords gesê het: “Meneer, deur te sê die beslissing is nie beskikbaar nie, impliseer direk die dossier ís by die aanklaer-generaal se kantoor en dat die vertraging daar lê. Ek wil niks verder hoor nie.”

Tóé bars die bom met Van Wyk wat gesê het Van Pletzen beledig hom.

Die landdros het toe vir Van Wyk beveel om niks verder te sê nie.

“Ek sal nie stilbly nie,” het Van Wyk glo voorts gereageer, en aangehou praat.

Hy voer aan Van Pletzen het vir hom gesê om sy mond te hou (“shut up”) en dít het hom sodanig gegrief dat hy die landdros glo ingelig het sy gedrag is disrespekvol en onprofessioneel.

Van Pletzen sê Van Wyk lieg dat hy beveel is om sy mond te hou. “Ek het nooit vir hom gesê 'shut up' nie. Hy is 'n leuenaar.”

Hy is keelvol daarvoor dat aanklaers die hof belieg wanneer hulle vra dat 'n saak opnuut uitgestel word, sê die landdros. “Ek is onpopulêr omdat ek die enigste een is wat sê ek aanvaar dit nie.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.16/OZ UP +0.68% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.47% | Zinc US$ 2 863.10/T UP 2.02% | Brent Crude Oil US$ 87.33/BBP DOWN -0.0076 | Platinum US$ 906.27/OZ UP +0.46% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.16/OZ UP +0.68% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.47% | Zinc US$ 2 863.10/T UP 2.02% | Brent Crude Oil US$ 87.33/BBP DOWN -0.0076 | Platinum US$ 906.27/OZ UP +0.46%