Hofbevel bedreig vlugte na Frankfurt

Die nagevolge van ‘n huurkontrak wat Air Namibia in 1998 aangegaan het, kan hom op sy knieë dwing.
Augetto Graig
Augetto Graig - Air Namibia se vlugte na Frankfurt is in die gedrang weens ’n Duitse hofbevel wat die nasionale lugredery gelas om sowat US$29 miljoen (meer as N$401 miljoen) se regskoste te betaal.

Beslag is reeds op meer as N$10 miljoen van Air Namibia se geld in Duitsland gelê.

Mnr. Tinashe Chibwana van Sisa Namandje & Co is die plaaslike regsverteenwoordiger vir Anicet Baum, likwidateur van die Belgiese maatskappy Challenge Air SA, en mnr. Wilhelm Shali, hul verteenwoordiger in Namibië. Volgens Chibwana het hy opdrag ontvang om nou ook beslag te lê op die brandstof binne Air Namibia se vliegtuie wat op die Frankfurt-roete diens doen. Dit sal vlugte na dié Europese bestemming lamlê. Boonop sal die lugredery se onvermoë om die skuld te betaal, by lugvaartowerhede aangemeld word, sê Chibwana.

Challenge Air kan nie aansoek doen vir ‘n bevel om beslag te lê op die twee Airbus A330-200-vliegtuie wat Air Namibia op hierdie roete gebruik nie. Dit is omdat die vliegtuie aan die Ierse vliegtuigverhuringsmaatskappy, Voyager Aviation, behoort.

Volgens ‘n berig op die Europese lugvaartwebblad ch-aviation.com het CommerzBank in Duitsland op 4 Januarie vanjaar beslag gelê op US$722 000 in Air Namibia se rekening. Aangesien Air Namibia na en vanaf die Frankfurt-lughawe vlieg, moet die redery bankrekeninge in Duitsland in stand hou. Volgens ch-aviation.com het prokureurs van Anicet Baum reeds in November verlede jaar gedreig om op die geld van vliegtuigkaartjieverkope deur Air Namibia beslag te lê totdat hulle ten volle vergoed is.

AGTERGROND

Die oorsprong van hierdie regskoste waarvoor Air Namibia moet opdok, is ‘n hofgeding oor 'n huurooreenkoms vir vliegtuie wat tot 1998 dateer.

Die geskil met Challenge Air sloer al jare in howe in Europa en in Namibië.

CommerzBank se optrede volg nadat die streekhof in München in 2015 besluit het om ’n 2011-beslissing in Parys, Frankryk, vir US$29 miljoen (meer as N$401 miljoen) as kostebevel teen Air Namibia en TransNamib (wat oorspronklik die lugredery bestuur het) te handhaaf.

Plaaslik het die hoërhof in 2004 in Air Namibia se guns bevind en die uitvoering van ’n vorige arbitrasiebevel deur die Internasionale Lugvervoervereniging (Iata) tussen Air Namibia en Challenge Air se likwidateur gestop. Iata het egter later besluit om met die arbitrasieproses voort te gaan, ondanks Air Namibia se besware.

“Ná uitgerekte arbitrasieverrigtinge in Londen, waarin Air Namibia deur 'n Suid-Afrikaanse, Europese sowel as Namibiese senior regsadviseur voor 'n alleenarbiter verteenwoordig is, is in die guns van die likwidateur beslis. Dit was ondanks verskeie regs- en feitelike wanbeslissings deur die arbiter. Vanweë die bepalings van die arbitrasie-ooreenkoms kon ons nie teen die beslissing appelleer nie,” het Air Namibia gister in ‘n verklaring gesê.

Air Namibia se woordvoerder, mnr. Paul Nakawa, sê die nasionale redery het op 9 Maart 1998 met die Belgiese maatskappy Challenge Air SA ooreengekom om ’n vliegtuig te huur en daarna op 26 Maart 1998 ‘n verdere ooreenkoms vir onderhoudswerk en dienste ten opsigte van bemanning gesluit. “Daarna is besef die vliegtuig is in baie opsigte foutief en op 27 Julie 1998 is die kontrakte deur Air Namibië gekanselleer. Challenge Air is kort daarna gelikwideer,” sê Nakawa.

Volgens Nakawa is die beslaglegging tot dusver beperk tot Duitsland en het dit geen wettige toepaslikheid in Namibië nie. Air Namibia staan tans ‘n aansoek teen waarin die eiser in die Namibiese hoërhof vra om die Duitse hofbevel ‘n bevel van die hof hier te maak, sodat dit hier uitgevoer kan word.

Chibwana sê die saak voor die Namibiese hof handel bloot oor sy kliënt se reg om die Duitse hof se beslissing binne Namibië toe te pas. “Die besluit van die München streekhof het voorsiening gemaak vir een maand grasie om te appelleer na die federale hof in Karlsruhe. Nie Air Namibia of TransNamib Holdings het geappelleer nie,” sê hy.

Mnr. John Mutorwa, minister van werke en vervoer, het by navraag gesê hy ondersteun dít wat Air Namibia in sy nuusverklaring sê.

Die minister van staatsondernemings, mnr. Leon Jooste, het vroeër aan Republikein se susterkoerant Namibian Sun gesê ’n vergadering met hom, Mutorwa, die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, en die prokureur-generaal, dr. Albert Kawana, sal Maandag plaasvind.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.72 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.11 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.86 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 390.13/OZ UP +0.43% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.59% | Zinc US$ 2 867.90/T UP 1.63% | Brent Crude Oil US$ 87.63/BBP UP +0.53% | Platinum US$ 929.57/OZ DOWN -0.0071 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.72 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.11 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.86 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 390.13/OZ UP +0.43% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.59% | Zinc US$ 2 867.90/T UP 1.63% | Brent Crude Oil US$ 87.63/BBP UP +0.53% | Platinum US$ 929.57/OZ DOWN -0.0071