Hofbeslissing oor fosfaat kom volgende week

Sandpiper-projek op die spel

09 June 2021 | Howe
Augetto Graig – Terwyl die hofbeslissing op 16 Junie oor Namibia Marine Phosphate (NMP) se mynboulisensie afgewag word, ploeg die voorstanders van die Sandpiper-projek vir fosfaatmynbou op die seebodem steeds voort om waninligting oor die ontwikkeling te bekamp.

Mnre. Chris Jordinson en Mike Woodborne dring aan die projek hou groot waarde vir Namibië in en die vrese is ongegrond dat dit die visvangbedryf en die mariene omgewing sal ontwrig.

Woodborne sê baie van die teenstand vir die projek is gegrond op emosies eerder as feite, terwyl Jordinson aandring: “Ons sal nie die visbedryf doodmaak nie. Dit is in elk geval onmoontlik gegewe die klein oppervlak van die seebodem wat ons sal uitpomp,” sê hy.

Hy betreur ook die media se gebruik van foto’s van baggerbote wat afval in die see pomp, wat volgens hom ’n verkeerde indruk skep.

“Ons sal dit nie doen nie; ons sal verseëlde pypleidings gebruik om te verseker ons verloor geen van die fosfaat nie,” het hy gesê. Woodborne voeg by: “Die gebrek aan kennis laat gerugte floreer.”

Jordinson sê die maatskappy het ’n pas voltooide registrasieveldtog vir toekomstige werksgeleenthede by Sandpiper ook gebruik om korrekte inligting te versprei.

Een wanindruk wat bekamp word, is dat die projek diepsee-baggerwerk behels. Volgens Woodborne verwys diepseemynbou na operasies op dieptes van 1 000 tot 6 000 meter. Vir Sandpiper word beoog om vanaf die kuslyn na dieptes tot 250 meter te pomp. Teen hierdie dieptes sal hulle werk binne ’n omgewing wat reeds bekend, bestudeer en gekarteer is, by ’n spesifieke lokasie wat reeds deur ander seenywerhede beïnvloed is, sê hy.

“In ons geval sal ons gebruik maak van eenvoudige tegnologie wat lankal bestaan en waarop nie meer veel verbeter kan word nie. Enige tegnologie wat ons meer doeltreffend kan maak, mag later aangeneem word,” voeg hy by.

Jordinson sê die aanvraag na fosfaat op die internasionale mark het net gegroei vandat die projek meer as tien jaar gelede voorgestel is.

Hy sê die ontwikkeling van litiumysterfosfaatbatterye vir gebruik in elektriese voertuie, asook fosfaat se gebruik in ander groen tegnologie, kan potensieel meer aanvraag beteken. Namibië beskik oor die wêreld se sewende grootste fosfaathulpbron, sê hy.

Die regsaksie teen Sandpiper is in 2016 deur die Konfederasie van Namibiese Visseryverenigings, die Namibiese Stokvisvereniging, die Midwater-vistreilervereniging en Omualu Fishing aanhangig gemaak.

Indien regter Harald Geier op 16 Junie in NMP se guns bevind, sal die mynboumaatskappy sy lewensvatbaarheidstudie van 2013 op datum moet bring, van nuuts af omgewingsklaring moet kry, en onderhandel met die Walvisbaai-munisipaliteit en die haweowerheid (Namport) oor die grond waar hul aanleg gebou moet word.

Hiervoor sal ’n nuwe omgewingsimpakstudie gedoen en ’n nuwe klaringsertifikaat verkry moet word, alvorens enige bouwerk mag begin, operasies mag afskop of die eerste fosfaat vervaardig kan word. “Dit sal die eerste boublok vir ’n fosfaatbedryf in Namibië wees,” meen die NMP.
[email protected]

Soortgelyk

 

27 sterftes, 1 403 nuwe gevalle

28 minute gelede | Gesondheid

Die Covid-sterftes styg met 27 - tien in Windhoek, drie elk in onderskeidelik Oshakati en Onandjokwe, twee elk in onderskeidelik Okahandja, Tsumeb en Rehoboth en...

27 sterftes, 1 649 nuwe gevalle

23 ure gelede | Gesondheid

Die sterftesyfer skiet met nog 27 - nege in Rehoboth, agt in Windhoek, drie in Keetmanshoop, twee in Walvisbaai en een elk in onderskeidelik Karasburg,...

Mental well-being suits us all

2 dae gelede | Mense

DR JOHN STEYTLERMental health is a subject which we are only starting to scratch the surface of in Namibia and it is not talked about...

Diva of finesse and fitness

2 dae gelede | Mense

Jeanette DiergaardtLiezel Ndjaronguru, a 32-year-old businesswoman, allows fitness enthusiasts to bring their best attitude to the table when working out. In 2013 the owner of...

Bonifatius Kantori Paulino is the Managing Director at Alexander...

2 dae gelede | Mense

Wetumwene Shikage Since Paulino joined Alexander Forbes, he spent some time to familiarise himself with the areas of responsibility of the position of...

Streng vereistes vir gebruik van blitstoetse

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die Namibiese Medisynebeheerraad (NMRC) het opgedateerde regulasievereistes vir die verkoop, verspreiding en gebruik van antigen-blitstoetse vrygestel.Die NMRC sê antigeen diagnostiese blitstoetse (Ag-RDT’s)...

Sterftes neem sesvoudig toe

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die Covid-sterftes vir Namibië het bykans sesvoudig die afgelope ses maande toegeneem – vanaf 16 sterftes per week in Desember verlede jaar...

'Woestynpsalm' nou in pylvak

2 dae gelede | Byvoegsels

Bosman Films, 'n jong produksiemaatskappy in die Namibiese filmbedryf, het opgewonde aangekondig dat produksie vir hulle eerste film, Woestynpsalm, onlangs afgehandel is. Woestynpsalm is 'n...

High-flyer Samantha Geyser soared to customer service executive at...

2 dae gelede | Mense

Staff reporterSamantha Geyser dreamed of becoming a pilot when she was a young girl. She admired Amelia Earhart for her achievement of being the first...