Hofbekgeveg stoom voort
Hofbekgeveg stoom voort

Hofbekgeveg stoom voort

Uitlatings deur opposisiepartylede oor die regbank kom neer op minagting van die hof, sê die vereniging van advokate.
Denver Kisting
Denver Kisting – Sou die uitlatings waar wees wat twee Landless People’s Movement(LPM)-leiers gemaak het oor die regbank, is dié standpunte minagtend van die hof.

Dít kom nadat mnr. Bernadus Swartbooi, leier van die LPM, aangevoer het die regbank is deur Swapo gekaap en “sou nooit die tersydestelling van die presidensiëke verkiesing gelas het nie”.

Aan Republikein het Swartbooi, ’n eertydse Swapo-minister, vroeër vandeesweek gesê die regbank het “goddelike, heilige gees-maniertjies”.

Hy wou toe ook weet “wie de hel dink hulle is hulle?”.

Sy kollega, mnr. Ivan Skrywer, het gesê ’n onlangse hooggeregshofuitspraak herinner hom aan bevindings uit die apartheidsera.

Die LPM-leiers het verwys na die hofaansoek wat die voormalige onafhanklike presidensiële kandidaat, dr. Panduleni Itula, teen die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) gebring het.

’n Volbank van vyf regters het bevind hoewel die gedeeltelike inwerkingstelling van die kieswet onregmatig en ongrondwetlik was, sal geen herverkiesing plaasvind nie.

Die gedeeltelike inwerkingstelling van die wet het verband gehou met die gebruik van elektroniese stemtoestelle (EVM’s) sonder ’n naspeurbare papierspoor in nasionale verkiesings.

In ’n verklaring wat twee bladsye beslaan, sê adv. Gerson Narib, president van die vereniging van advokate in Namibië, die opposisieleiers se uitlatings “weerspieël vernietigende en ongegronde kritiek op die regbank, wat ongelukkig wye mediadekking ontvang het. Die standpunte is van ’n uiters ernstige aard, steek die grense van billike kritiek op die regbank verby en is minagtend.”

Narib sê die vereniging maak sterk teen die uitlatings kapsie.

“Ongegronde aanvalle op die regbank ondermyn regsreëls. Mense het die reg om die howe te kritiseer, maar hul kritiek moet regverdig en billik wees – nie vals en met die motief of bedoeling om die howe in oneer te bring nie.”

Hy sê die regbank sal vootgaan om ’n deurslaggewende rol te speel in die beskerming van basiese regte en vryhede soos verskans in hoofstuk 3 van die Grondwet.

Mnr. Ockert Jansen, woordvoerder van die regbank, het ook Maandagmiddag teen kritiek te velde getrek.

Hy sê ’n neiging het sedert verlede jaar se verkiesings ontstaan om lede van die regbank in die media te teiken.

Hy sê dié aanvalle impliseer die regbank is bevooroordeeld en lewer nie onafhanklike, onpartydige beslissings nie.

“Hierdie ontluikende gebruik het baie ernstige gevolge vir Namibië se demokrasie, regsreëls en die onafhanklikheid van die regbank.”

Jansen sê dit is nie die norm vir die regbank om homself in openbare verklarings te verdedig nie, maar die beweerde aanvalle neem kwaai toe.

Boonop kan hul stilswye gesien word as ’n aanvaarding van die kritiek op hulle.

Republikein verneem betroubaar dit behoort volgende week bekend te wees of die hooggeregshof wéér vir Itula gaan aanhoor nadat hy ná die uitspraak weer stukke geliasseer het om die bevinding uit te daag.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!