Hof sit voet neer in Mu00f6ller-saak
Hof sit voet neer in Mu00f6ller-saak

Hof sit voet neer in Möller-saak

Die regter het beslis die verhoor sal oor sowat drie weke voortgaan en die beskuldigde het die bedoeling om hofverrigtinge te vertraag.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh



Die hoërhof het gister voet neergesit oor die vermeende skieter in die Möller-saak se poging “om die hof te vertraag en die verhoor te laat ontspoor”.

Regter Dinah Usiku het mnr. Panduleni Gotlieb se aansoek om verdere uitstel van die hand gewys en beslis die verhoor sál op 16 Oktober in die hoërhof by Windhoek se sentrale gevangenis voortgaan.

Dít volg nadat mnr. Hans-Jörg Möller se vermeende skieter die afgelope Dinsdag die hof versoek het om die verhoor uit te stel sodat hy die dokumente kan bestudeer waarin die staat sy saak teen hom bekend maak.

“Die hof meen die aansoek om uitstel van 8 tot 12 maande, net om dokumente deur te lees, is 'n vertragingstaktiek.

“Dit is bedoel om die medebeskuldigdes te frustreer, wat ernstig is daaroor om met die saak voort te gaan,” het Usiku gesê.

Sy het gesê sy kan nie Gotlieb se aansoek as eerlik aanvaar nie, omdat hy meer as genoeg tyd tot sy beskikking gehad het om die saak teen hom te bestudeer sedert sy eerste hofverskyning in die Walvisbaaise streekhof.

Gotlieb en mnre. David Tashiya, David Shekundja, Elly Hinaivali en Malakia Shiweda word daarvan aangekla dat hulle die Möller-gesin op 16 Junie 2016 in hul huis op Walvisbaai oorval, aangerand en beroof het.

Hans-Jörg het later aan sy skietwond beswyk.



'ONREDELIKE TYD'

“Jy is nie van 'n gewone straatmisdaad aangekla, wat as minder ernstig beskou sou word nie,” het Usiku aan Gotlieb gesê.

Sy het gesê dit is tans 'n “onredelike tyd” om vir meer tyd te vra.

“Ek glo die hoofrede vir dié vertraging . . . is om die verhoor te laat ontspoor.

“Die verhoor word reeds sedert 28 Junie 2018 uitgestel, wat beteken vandag is dit reeds een jaar en drie maande later,” het sy gesê.

Usiku het gesê die feit dat Gotlieb 'n aansoek om verdere besonderhede by die hof ingedien het, dui daarop dat hy die saak teen hom reeds fyn moes bestudeer het.



REG NIE ABSOLUUT

“Soveel as wat ek in die reg op 'n regverdige verhoor glo, moet ek byvoeg so 'n reg is nie absoluut nie.

“Dit moet gebalanseer word teen die regte van sy medebe­skuldigdes se reg op 'n spoedige verhoor,” het Usiku gesê.

Tashiya, Gotlieb se medebe­skuldigde, het ook nog nie weer amptelik aansoek om regshulp gedoen ná hy sy vorige regsverteenwoordiger Dinsdag in die pad gesteek het nie.

“Dít omdat personeel in die sentrale gevangenis hom glo nog nie van 'n aansoekvorm kon voorsien nie.”

Terselfdertyd het die staatsadvokaat Marthino Olivier verduidelik hy probeer regshulp vir Tashiya bekom.

“Dit raak egter voortdurend moeiliker om regshulp elke keer opnuut te moet reël, en dit is iets waarvan die beskuldigdes kennis moet neem,” het hy gesê.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!