Hof luister na klankopname in Conradie-saak

Verdoemende opname van ­vergadering voorlopig ­toegelaat.
Augetto Graig
Augetto Graig



Die hofsaak teen die bekende Windhoekse prokureur mnr. Dirk Conradie en sy mede­beskuldigde, me. Sara Damases, het gister ná ses jaar in die hoërhof in Windhoek afgeskop.

Die saak, wat deur die Teenkorrupsiekommissie (ACC) aanhangig gemaak is, handel oor klagte van korrupsie, sameswering om korrupsie te pleeg en, in Conradie se geval, misbruik van sy amptelike posisie.

Die saak spruit uit 2012 toe Conradie­ die voorsitter was van MTC, die grootste selfoondiensverskaffer in Namibië.

Na bewering het hy deur Damases die destydse eienaars van DV8 Saatchi en Saatchi, 'n suksesvolle advertensiemaatskappy in die land, genader. Mnr. Mark Bongers en me. Kim Fields, die destydse vennote, het 'n opname van die vergadering met Damases en Conradie gemaak en dit later na die ACC geneem, waarna die klagte teen hulle ingedien is.

Gister is die hofverrigtinge aanvank­lik ure lank vertraag voordat hofbeamptes daarin kon slaag om die opname in die hof te speel. Die tegniese probleme het die hele oggend geduur en die hof kon eers ná twee-uur na die opname luister. Dit was ook nie voordat advokaat Vas Soni, vir die verdediging, regter Thomas Masuku ingelig het dat hulle die reg voorbehou het om die toelaatbaarheid van die opname later in die saak te betwis nie. Soni het gesê hulle laat die opname toe sodat die verhoor kan voortgaan. Regter Masuku en die staatsaanklaer, advokaat Ed Marondedze, het geen beswaar daarteen gemaak nie.

Die opname is van die gesprek wat op 12 Mei 2012 in Conradie se kantoor tussen hom, Damases, Bongers en Field plaasgevind het. Conradie begin die gesprek deur sy ontevredenheid uit te spreek omdat hy nooit teruggebel is nie nadat hy die vorige jaar vir DV8 probeer kontak het nie. Sy dogter het toe in Suid Afrika bemarking gestudeer en hy wou hê sy moes daar 'n internskap doen. Damases het vertel dat sy vir Conradie die kontak­nommer verskaf het. Conradie het later by Old Mutual vir sy dogter werk gekry, sê hy in die opname.

Kort daarna draai die gesprek na MTC se advertensietender en Conradie sê hy het die bestuur meegedeel “niemand kan die koek alleen eet nie, en nie vir so lank nie”. Later in die gesprek blyk dit die plaaslike advertensiemaatskappy Advantage het die MTC-kontrak vir 15 jaar gehad. Conradie sê duidelik dat hy vasbeslote was om die kontrak vir iemand anders te gee, en noem selfs dat hy me. Hilda Basson-Namundjebo, toe van Ogilvy Mather, aangemoedig het om vir die MTC-kontrak te tender. “En toe sê ek vir Hilda doen iets, sit 'n span bymekaar, want wanneer die ding (tender) uitkom, sal ek dit aan enigiemand voor my gee, behalwe vir dié wat dit nou het.”

Daarna vra Conradie of Bongers en Field met 'n maatskappyvoertuig gekom het omdat niemand moet dit moet sien en later vra wat hulle by sy kantoor doen nie.

Volgens Bongers se latere getuienis was die vraag een van die eerste tekens vir hom dat dinge nie reg is nie. Nadat Conradie vir Bongers ingelig het dat DV8 nie die gunsteling was in terme van die tender se toekenning nie, sê hy in die opname: “Het julle 'n BEE-vennoot?”

Bongers antwoord: “Nee, maar ons BEE-sertifikaat is daar . . ”

Hy word onderbreek deur Conradie wat vra: “Ja, maar het julle 'n swart vennoot?”

Bongers antwoord “nee” en Conradie sê “dit is my ding. Julle benodig so 'n vennoot. Jy sien, die skaal is baie teen julle, so ek sal die skaal moet swaai, maar ek sal dit ongelukkig nie vir niks doen nie. Dus moet Sara maar betrokke raak by die advertensie­bedryf. Ek wil sien dat my mense 'n deel van die koek kry.”

Ná die noem van vorige pogings en teleurstellings van DV8 om 'n BEE-­vennoot te kry, antwoord Conradie: “Nee, ek dink met die bydrae wat Sara maak, kan sy 'n belang kry. Ek dink ons moet dit oorweeg.”

Met Damases aan boord het hy saamgestem dat DV8 dalk die tenderkontrak sal kan hernu as dit ná twee jaar sou verval. “As julle julle goed gedra, kan julle dit vir nog twee jaar kry,” het hy gesê.

Conradie het in dieselfde gesprek gepraat van miljoene (Namibiese dollar) wat binne MTC lek weens die kontrak met Advantage, en dat hy “die kraan van die binnekant sal toemaak”.

Die verhoor duur vandag voort.

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.88 | EUR to NAD 20.56 | CNY to NAD 2.66 | USD to NAD 19.25 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.25 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.69/OZ UP +0.14% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 841.90/T UP 1.43% | Brent Crude Oil US$ 88.13/BBP DOWN -0.0023 | Platinum US$ 903.58/OZ DOWN -0.0069 Sport results: Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.88 | EUR to NAD 20.56 | CNY to NAD 2.66 | USD to NAD 19.25 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.25 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.69/OZ UP +0.14% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 841.90/T UP 1.43% | Brent Crude Oil US$ 88.13/BBP DOWN -0.0023 | Platinum US$ 903.58/OZ DOWN -0.0069