Hof kry Heritage Health voor stok

Aansoek met koste van hand gewys

24 February 2021 | Gesondheid
Henriette Lamprecht – Die mediese fonds Heritage Health het 'n bloutjie in die hoërhof geloop nadat hy sy jaarlikse premies wou verhoog, maar dié stap nie deur die registrateur van mediese fondse in Namibië goedgekeur is nie.

Die kern van die hofaansoek waarin die registrateur van mediese fondse, die minister van gesondheid en maatskaplike dienste en die appèlraad van die regulerende owerheid vir finansiële instellings in Namibië (Namfisa) die respondente was, was of die verhoging 'n wysiging van die fonds se reëls is en sodoende die goedkeuring van die registrateur vereis. Die aansoek volg nadat die registrateur Heritage Health se aansoek om sy jaarlikse verhoging van premies vir 2019 afgekeur het.

Heritage Health se hersieningsaansoek en verklarende bevel oor die verhoging, is met koste van die hand gewys.

In haar uitspraak sê regter Eileen Rakow die besluit om die aansoek in te dien, hou verband met die besluit oor die fonds se selffinansieringsgaping en die besluit met betrekking tot herversekering.

Sy verwys na 'n brief gedateer 4 Maart 2019 waarin die voorsitter van die raad van trustees sê hulle wag nog vir kwotasies vir die herversekeringsdekking soos vereis deur die registrateur.

Op 27 Maart bevestig 'n brief die memorandum van ooreenkoms tussen die mediese fonds en Avacare vervang nie enige herversekeringsdekking nie. Die fonds het daarom volgens Rakow nie voldoen aan die vereiste wat die registrateur oor dié dekking vereis het nie of dat 'n alternatiewe reëling in plek moet wees vir die veranderinge aan die bydraeskema om goedgekeur te word.

Met verwysing na die selffinansieringsgaping sê Rakow in haar uitspraak dit is klaarblyklk voorheen met die fonds opgeneem, omdat dit blyk dit is reeds in 2018 deur die registrateur genoem.

“Die reëls van die fonds maak nie hiervoor voorsiening nie. Die registrateur het aangedui dit is nie in openbare belang om 'n eenmalige verhoging van 44,4% te hê in 'n poging om weg te doen met dié gaping nie. Dit is nie op goeie sakebeginsels geskoei nie,” lui die uitspraak.

Heritage Health het aanvanklik 'n dringende aansoek in Desember 2019 ingedien met verwysing na 'n jaarlikse verhoging van bydraes en dat dié bydraes deel vorm van 'n wysiging van die reëls en daarom goedkeuring van die registrateur vereis.

Laasgenoemde het egter volstaan dat die besluit geneem is ná deeglike oorweging van die fonds se aansoek vir die wysiging van Heritage Health se reëls. Volgens die registrateur was daar korrespondensie sowel as vergaderings tussen die personeel van die registrateur en die fonds.

Ingevolge die uitspraak is 'n aantal ­tekortkominge uitgewys en is 'n aantal reëls wel gewysig.

Volgens Rakow is die aanname deur Heri­tage Health “duidelik verkeerd” dat die wysigings slegs aanvanklik goedgekeur hoef te word en dat dit van daar af die bydraes kan verhoog deur 'n maand se kennis te gee sonder die toestemming van die registrateur. - [email protected]

Soortgelyk

 

Blitstoetse vir reisigers word nou aanvaar

3 ure gelede | Toerisme

Negatiewe blitstoetse vir reisigers word nou by grense aanvaar, het die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, vanmiddag aangekondig. “Negatiewe blitstoetse vir inkomende reisigers sal by grensposte...

Tot 100 mag vergader, geen maskers vir kinders onder...

3 ure gelede | Gesondheid

*Die aantal persone wat 'n openbare byeenkoms bywoon, verhoog van 50 tot 100 persone per geleentheid of dit binne- of buitemuurs is. *Organiseerders moet 'n...

Entstowwe van Covax binne drie weke verwag

3 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê volgens Covax sal Namibië in die volgende drie weke die land se beloofde entstowwe...

Unicef: Kinders se lewe het nie verbeter

9 ure gelede | Skole

Namibië is een van baie Afrikalande waar kinders se lewens ten spyte van ekonomiese groei nie verbeter het nie. Dit volgens Unicef se verteenwoordiger in...

Een persoon ontwikkel matige simptome ná Sinopharm-entstof

10 ure gelede | Gesondheid

Die adjunkminister van gesondheid, dr. Esther Muinjangue, sê net een persoon uit die meer as 800 wat met die Sinopharm-entstof teen Covid-19 ingeënt is, het...

Geen borg vir ‘tref-en-trap-lorriedrywer’

19 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Die vragmotorbestuurder wat glo Sondagaand ’n voetganger langs die B2-hoofpad by Okahandja doodgery en weggejaag het, bly in aanhouding. Mnr. Efraim...

Weer vir Woensdag 31 Maart

19 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Ooswindtoestande sal oor die kusgebiede voortduur. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm in die suidweste en die noordooste, andersins gedeeltelik bewolk en...

Komsberg, juweel in Namibië se landboukroon

19 ure gelede | Byvoegsels

Ronelle Rademeyer – “Ons wil nie die grootste plaas in Namibië wees nie, maar ons streef daarna om die beste plaas te wees en die...

Drie in hof oor horing in kattebak

19 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Drie vermeende renosterhoringsmokkelaars het Maandag in die landdroshof op Ondangwa verskyn en is borgtog geweier. Volgens die hoof van die Blue Rhino-taakspan,...