Hof ken vergoeding toe ná honde-aanval

Voorval bykans sewe jaar gelede op Keetmanshoop

07 July 2021 | Howe
Marc Springer – Die hoërhof het beslis 'n inwoner van Keetmanshoop moet skadevergoeding van N$50 000 aan 'n vrou betaal wat bykans sewe jaar gelede deur sy drie honde aangeval en beseer is.

Die klaer, me. Christina Kapuka, het oorspronklik N$287 000 van die verweerder, mnr. Gabriel Haufiku, geëis en gesê sy het aan “pyn, trauma, skok en emosionele nood” gely nadat sy honde haar op 29 Oktober 2014 omstreeks 21:00 in Tseiblaagte op Keetmanshoop aangeval het. Sy was op pad om by haar tannie te gaan kuier.

Die aanval het haar glo met ernstige skeurwonde en permanente letsels gelaat, asook mediese onkoste van sowat N$32 000 en 'n inkomsteverlies van N$6 000 aangesien sy as gevolg van die aanval vir 'n paar maande nie kon werk nie.

Kapuka het getuig sy het ernstige wonde opgedoen en sy moes vir 'n paar dae in die hospitaal behandel word. Volgens haar kan sy weens die beserings nog steeds nie lang afstande loop of vir lang tye staan nie. Sy het ook gesê die aanval het haar getraumatiseerd gelaat.

Haufiku het gesê ás dit inderdaad sy honde was wat Kapuka aangeval het, het sy hulle waarskynlik uitgelok.

Hy het getuig sy honde het volgens sy kennis nog nooit iemand aangeval nie, hulle was glad nie aggressief nie en hulle sou nie van sy beveiligde perseel kon ontsnap nie.

Kapuka het aan die hof gesê die heining om die verweerder se perseel het ten tyde van die aanval gedeeltelik op die grond gelê en die honde kon vrylik in en uit beweeg. Kapuka se tannie het getuig sy het gesien hoe die honde ná die aanval in Haufiku se tuin ingehardloop het.

Die tannie het verder getuig sy het voor dié aanval gesien hoe dieselfde drie honde ander mense aanval. Een van hulle was me. Thomas wat in die hof getuig het dat sy op 15 Junie 2014 aangeval is terwyl sy op pad kerk toe was en die honde haar klere uitmekaar geskeur het.



UITSPRAAK

Regter Boas Usiku het Vrydag in sy uitspraak gesê “die eienaar van 'n hond wat 'n persoon aanval wat wettiglik op 'n plek was waar hy/sy beseer is en wat nie die aanval uitgelok het, óf deur nalatigheid bygedra het tot sy eie beserings nie, is as eienaar aanspreeklik en verplig om die gevolglike skade te betaal”.

Usiku het op grond van getuienis bevind dit was wel Haufiku se honde wat die klaer aangeval het.

Die regter het tot die gevolgtrekking gekom daar is geen bewyse wat daarop dui dat Kapuka die honde uitgelok het nie en hulle het“in teenstelling met die aard van huisdiere” opgetree.

Hy het bevind die bedrag wat Kapuka eis is “buitensporig” en die vergoeding van N$50 000 was redelik onder die omstandighede.

Mnr. Marco Schurz het die klaer verteenwoordig, terwyl mnr. Kadhila Amoomo vir die verweerder opgetree het. – [email protected]

Soortgelyk

 

'Polisiebeampte' pers dokter glo af

1 uur gelede | Howe

Henriette Lamprecht – ’n Windhoekse dokter is glo afgedreig totdat hy N$30 000 opgedok het nadat hy na bewering deur ’n klaarblyklike polisiebeampte van die...

Miss Aston dra die kroon

1 uur gelede | In beeld

Cobus van der Merwe van St. Blaize Brahman & Sussex Studs gister by die Gobabis Skou saam met sy “Kampioen van kampioene”, Miss Aston 134-12....

Plaaslike skatte nou aanlyn ­beskikbaar

1 uur gelede | Kuns en vermaak

Kuns- en kunsvlytliefhebbers kan nou handgemaakte Namibiese produkte aanlyn via die nuwe Namibia Craft Shop-webwerf aanskaf. Dié platform sal as die aanlyn katalogus van die...

Verkiesingskommissie tel weer: Swapo wen steeds

1 uur gelede | Politiek

Augetto Graig – Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) het gister die stembriewe van die streekraadsverkiesing vir die Ndonga Linena-kiesafdeling – wat op 25 November 2020...

Weer vir 24 September 2021

1 uur gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm in die Suide. Elders gedeeltelik bewolk en warm, maar baie warm in die Noorde.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm. GETYE...

Goeie reënseisoen verwag

1 uur gelede | Weer

Elvira Hattingh – Normale tot bonormale reënneerslae word vir die oorgrote Namibië tydens die 2021-'22-seisoen voorspel, met uitsondering van hoofsaaklik die noordweste van die land.Me....

'Diamantdiewe' pleit onskuldig, wag getuig

1 uur gelede | Howe

Kristien Kruger – 'n Sekuriteitswag by Debmarine Namibia (voorheen De Beers Marine Namibia), wat glo as 'n “geheime agent” saam met die twee beskuldigdes gewerk...

Meubelwinkel op Tsumeb ly brandskade

1 uur gelede | Ongelukke

Nuusredaksie – Gisteroggend is die skade nog bereken by Nictus se tak op Tsumeb ná 'n brand wat Woensdagaand in die gebou, in die dorp...

Kletskompas videokompetisie 2021 – Week 2

11 ure gelede | Gebeure

SMS vir jou gunsteling video en wen leserspryse ter waarde van N$25 000.WhatsApp jou video na 0811 7000 10 om deel te neem en wen...