Hof beveel voorlopige likwidasie van SME Bank
Hof beveel voorlopige likwidasie van SME Bank

Hof beveel voorlopige likwidasie van SME Bank

'n Bevel is gister in die hoërhof in Windhoek gemaak vir die voorlopige likwidasie van die beleërde bank.
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw - Ná aanhoor van 'n dringende aansoek deur regsverteenwoordigers van die Bank of Namibia (BoN) en twee minderheidsaandeelhouers van die SME Bank Maandag, het regter Hannelie Prinsloo gister in die hoërhof in Windhoek beslis dat die SME Bank in die hande van die meester van die hoërhof van Namibië geplaas moet word vir sy voorlopige likwidasie.

Sy het verder beslis dat enige belanghebbende party tot 15 September het om aan te dui hoekom die SME Bank nie finaal gelikwideer behoort te word nie.

Senior advokaat Andrew Corbett, ­bygestaan deur advokaat Deon Obbes, het betoog dat die SME Bank se ­finansiële posisie só versleg het dat daar Maandag slegs sowat N$3,8 miljoen se likiede bates beskikbaar was om die eise van twee groot deponeerders van sowat N$500 miljoen uit te betaal.

In sy openingsrede het Corbett gemeld dat die SME se bankrotskap groot implikasies vir Namibië se ekonomie inhou.

Met die totale laste van die SME Bank wat nagenoeg N$1,06 miljard beloop, vereis bankregulasies dat hy ongeveer N$106 miljoen – 10% van sy totale laste – in likiede bates moet hou.

Corbett het regter Prinsloo meegedeel dat die Nasionale Energiefonds, wat ongeveer N$400 miljoen, en die staatspensioenfonds wat N$100 miljoen in die SME Bank gedeponeer het, beide hul geld teruggeëis het.

Die SME Bank is feitlik insolvent omdat sy laste van N$1,16 miljard sy bates van N$998 miljoen met N$162 miljoen oorskry, het Corbett betoog.

Hy het verder gesê die bank bevind homself in 'n voortgesette hopelose posisie.

“Daar is geen twyfel dat die bank bankrot is nie,” het hy gesê.

Hy het verder gesê dat daar dwingende gronde vir die likwidasie van die SME bank is, gegewe die misbruik van openbare fondse wat uit belastingbetalers se sakke kom.

Mnr. Sisa Namandje, wat die twee Zimbabwiese minderheidsaandeelhouers van die SME bank verteenwoordig, het die BoN se aansoek vir die voorlopige likwidasie van die SME teengestaan.

Namandje het betoog dat selfs indien die hof bevind dat die SME Bank inderdaad bankrot is, dit nie billik en regverdig sou wees om 'n bevel te gee vir die voorlopige likwidasie daarvan nie.

Hy het verder gesê dat die kre­diteure self aansoek moet doen om die bank te likwideer en nie die BoN nie.

Die BoN het aan die begin van Maart beheer oor die SME Bank geneem nadat beweringe van wanbestuur van geld aan die lig gekom het. In 'n beëdigde verklaring ter ondersteuning van die dringende aansoek vir die likwidasie van die bank het die goewerneur van die BoN, mnr. Ipumbu Shiimi, aangevoer ná 'n belegging van nagenoeg N$175 miljoen wat die SME Bank in Suid-Afrika gemaak het na verwagting verlore is, was dié bank in 'n gevaarlike finansiële posisie.

In 'n finansiële verslag van mnr. Romeo Nel, direkteur van die BoN, sê hy op 27 Junie dat dit onvermydelik was dat die SME bankrot verklaar sou word, selfs al sou die geld wat in twyfelagtige beleggings in Suid-Afrika geplaas is, verhaal word.

Die regering, die grootste aandeelhouer van die SME Bank, het aangedui dat dit nie meer geld in dié bank sal belê nie en die minderheids­aandeelhouers het ook nie met enige kapitaal vorendag gekom om die bank te red nie, het Shiimi in sy verklaring gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.84 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.94 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 219.03/OZ UP +1.29% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.06% | Zinc US$ 2 451.00/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 87.59/BBP UP +1.39% | Platinum US$ 907.28/OZ UP +1.39% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.84 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.94 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 219.03/OZ UP +1.29% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.06% | Zinc US$ 2 451.00/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 87.59/BBP UP +1.39% | Platinum US$ 907.28/OZ UP +1.39%