Hof beslis SA vrou mag bly
Jacqueline Louw - 'n Suid-Afrikaanse pensioenaris wat permanente verblyf in Namibië geweier is, het Donderdag in die Windhoekse hoërhof gehoor sy het 'n regsgeding teen Namibië se immigrasieowerhede gewen.
Waarnemende regter Collins Parker het in sy uitspraak beveel dat die immigrasie-keuringsraad voor 10 Februarie 'n permanente verblyfpermit aan mev. Cynthia Viljoen, 'n Suid-Afrikaanse pensioenaris, moet uitreik.
Regter Parker het die bevel uitgereik na hy bevind het Viljoen se dogter, wat met 'n Namibiër getroud is en in Windhoek woon, het domisilie in Namibië ingevolge die Wet op Immigrasiebeheer.
Een van die regsvereistes waaraan Viljoen se dogter, mev. Heather Boshoff, moes voldoen sodat haar ma ook permanente verblyf kon kry, is om self permanente verblyfstatus in die land te hê.
Viljoen wou graag na haar aftrede na Namibië verhuis om by haar dogter en haar gesin te woon.
Viljoen het in Junie 2014 aansoek om permanente verblyf in Namibië gedoen. Sy is in kennis gestel dat haar aansoek nie suksesvol was nie, omdat dit nie aan die vereistes van die Wet op Immigrasiebeheer voldoen het nie.
Die hof het bevind die immigrasiekeuringsraad se besluit is op 'n waninterpretasie van die reg gegrond en dat dit tersyde gestel moet word.
Die Wet op Immigrasiebeheer bepaal dat die immigrasiekeuringsraad 'n permanente verblyfpermit aan die bejaarde ouer van 'n persoon wat permanente verblyfstatus in Namibië geniet, mag uitreik, indien hulle finansieel in staat is om die ouer te onderhou.
Regter Parker het in sy uitspraak genoem die immigrasiekeuringsraad het versuim om regverdig en redelik op te tree en ook versuim om aan die vereistes van die gemenereg en wetgewing te voldoen en dat hul besluit vervolgens onwettig en ongeldig is.
Viljoen is deur mnr. Norman Tjombe verteenwoordig en me. Margaret Malambo-Ilunga het namens die voorsitter van die immigrasiekeuringsraad en die hoof van immigrasie opgetree.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie