Hoeveel klippe moet u2019n mens versit om te slaap?
Hoeveel klippe moet u2019n mens versit om te slaap?

Hoeveel klippe moet ’n mens versit om te slaap?

Jo-Mare Duddy Booysen
Terwyl ek nánag, of was dit reeds vroegoggend, bloedbelope oë en dowwe dikkop op en af deur die huis skuifel, wonder ek: Hoe slaap ‘n klip?

“Seker baie lekker,” mor my brein ongeduldig terwyl ek vir die soveelste keer die onwelkome Kaapse koue in die swart tuin aandurf op soek na die bietjie rustigheid wat my al heelnag systap.

Slaap soos ‘n klip is my familie nie dikwels beskore nie – nie vir my nie, nie vir manlief nie, nie my dogters of seun nie, selfs nie eers vir my kleinseun nie.

As ek nie van beter geweet het nie, sou ek seker dié ontwykende gemoedsrus aan ons gewetens kon toedig, dink ek terwyl ek die ronde tuinklippe beny. Maar daarvoor is Ben darem veels te jonk en Brian veels te piepklein.

Nee wat, vir Klaas Vakie is my familie bloot ‘n steen des aanstoots. Teen die tyd dat hy saans in die diep suide van Windhoek kom, het hy selde ‘n mildelike handvol sandkorreltjies te spaar. Dan grynslag hy soos die moedswillige knaap wat hy is en laat ons aan die genadelose tik-tok van die uurwyser en ons gedagtes oor. Met die seëning van Morpheus.

Droom klippe terwyl hulle so lekker vas slaap, wonder ek bemoerd. Lekker wilde drome oor hoe hulle môre die huismense se voete gaan karnuffel wat te dom is om hulle sonder skoene aan te pak? Salige drome oor hoe die windjie oor hulle gaan dans en skalks blink poets? Net om voordag lekker uitgerus deur die voëltjies wakker gesing te word en geleidelik deur die son warm gekielie te word.

Terwyl ons dofkop die nag se spinnerakke met ‘n sterk koppie koffie probeer weglawe. Ons enigste herinnering aan die nag wat verby is die groot lorries wat op die Westelike verbypad verbydreun, die ounagpaartie met die eentonige bas ‘n blok of wat weg, die gekoringde jong man wat vir oulaas sy warmgemaakte kar spin of die skril kraai van die woonbuurt te haan wat invryf dat die laaste kans om ‘n uiltjie te knip, verby is.

Dis nie asof ons – soos ek seker is al ons medeslapeloses – nie probeer nie. Als van boererate (‘n druppeltjie brandewyn in baba se bad sal tog nie skade doen nie?) soos warm melk en kamilletee tot grootkanonkonkoksies wat die dokter voorskryf. Van skape tel tot mediteer. Enigiets om uit die nagmerrie van slapeloosheid te ontsnap.

Maar die wakker bly kliphardegat. Net so nou en dan raak dit moeg, gaap dit en bederf dit ons met daai wondersoete ding waaroor die digter liries geraak het. Rol dit vir ons ‘n klip uit die pad uit en stuur ons droomland toe.

Waar ons droom oor slaap, slaap en nogmaals slaap.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!