Hoenderstukke in heuning en bier

07 September 2018 | Kuns en vermaak
Maak dié gereg in 'n ketelbraai of bak dit in die oond.



Jy benodig

• 1 blikkie (340 ml) bier

• 8 hoenderstukke

• 2 uie, in ringe gesny

• ½ eetlepel olyfolie

• ½ koppie heuning

• 4 knoffelhuisies, fyngekap

• 2 eetlepels tamatiepasta

• 1 suurlemoen se gerasperde skil en sap

• 2 eetlepels sojasous



Só maak jy

1. Plaas hoenderstukke en die uie saam in 'n swartpot of oondbak en skink die bier bo-oor.

2. In die ketelbraai: Plaas die pot oop in 'n warm ketelbraai met dié se deksel op vir 20 minute. Voeg die res van die bestanddele by die pot en roer deur. Sit nog 'n paar kole by. Plaas die pot oop terug in die warm ketelbraai, sit weer die braai se deksel op en los dit vir nog 30 minute totdat die hoender gaar en die sous taai is.

3. In die oond: Indien jy dit in die oond maak, bak die hoender teen 180 °C oop in die oond.

4. Sit die hoender voor met kapokaartappels of rys. - Netwerk24

Soortgelyk

 

'Boere se veglus verdwyn'

4 minute gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer en Elvira Hattingh - Twee bekende boere van die Suide sê die droogte het boere op hul knieë.“Ek was gister by ’n veiling...

Egpaar herontdek skaars plantjie

4 minute gelede | Omgewing

Denver Kisting – ’n Dekaan by die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust), dr. Rolf Becker, en sy vrou, me. Alma Moller, het verlede...

'DRK maak staat op ons'

4 minute gelede | Politiek

Inwoners van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) maak staat op lande deel van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) om die land weer op die...

Operasie Hornkranz: Meer misdaad aangemeld

4 minute gelede | Misdaad

Augetto Graig Die Namibiese polisie het Woensdag by die Israel Patrick Iyambo-polisiekollege in Olympia terugvoering gegee aan die visepresident, mnr. Nangolo Mbumba, en die...

Weer vir 18 Januarie

4 minute gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm in die //Kharasstreek, andersins gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met 'n paar tot geïsoleerde donderbuie in...

Besige jaar vir Windhoek se DBV

4 minute gelede | Omgewing

Mariselle Stofberg- Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Windhoek het 3 695 diere gedurende 2018 ingeneem. Altesaam 2 207 honde, 1 434 katte en 54 ander diere...

Vreemde voetspore is dit toe nie

4 minute gelede | Plaaslik

Francoise Steynberg - Groot was die opgewondenheid van die boer mnr. Frederick de Koker toe hy in November verlede jaar vreemde "voetspore" in rotsformasies naby...

Regsgeding dreig oor mangaan

4 minute gelede | Omgewing

Jana-Mari Smith - Bekommerde inwoners van Lüderitz is oorgehaal vir 'n openbare vergadering Maandag om die kwessies van die mangaanerts-debakel te bespreek, wat moontlike regsaksie...

Clegg 'stomgeslaan' toe hy liedjie eerste keer hoor

4 minute gelede | Kuns en vermaak

"Ek is stomgeslaan, baie dankie! Dit is 'n ongelooflike oomblik dat so baie van my portuurgroep erkenning gee aan die lied en sy sentimente, en...