Hoenderinvoere bevorder nie Namibiu00eb se welstand
Hoenderinvoere bevorder nie Namibiu00eb se welstand

Hoenderinvoere bevorder nie Namibië se welstand

Rolspelers verduidelik hoekom plaaslike produksie belangrik is.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - “As Namibië eerder goedkoop hoenderprodukte wil invoer, gaan daar naderhand nie werk óf geld wees om die goedkoopste produkte ter wêreld te koop nie.”

Só sê Namib Poultry Industries (NPI) se kommersiële bestuurder, mnr. Pieter van Niekerk, in reaksie op 'n invoerder van buitelandse hoenderprodukte, wat sê die plaaslike hoenderbedryf moet meer kompeterende pryse bied en goedkoop, ­ingevoerde hoender is dalk juis die oplossing vir armoediges.

Verskeie lesers het op sosiale media dieselfde mening gehuldig, naamlik dat plaaslike hoender glo te duur is en nie van dieselfde gehalte as ingevoerde hoender is nie, en dat hulle dus buitelandse hoender verkies.

Dít volg nadat Republikein verlede week berig het oor die bedreiging wat goedkoop invoere en die moontlike smokkelary van hoenderprodukte uit veral Brasilië vir die plaaslike hoenderbedryf inhou.

“Wat sal ander markte keer om hul pryse verder te verhoog sodra die SADC-streek nie meer produseer nie? Daar moet ook in ag geneem word markpryse sal oor die medium termyn dieselfde bly, want die lae pryse van ingevoerde hoender gaan nie na die verbruiker toe deurgevoer word nie,” sê Van Niekerk.

Hy is ook 'n lid van die Namibië Pluimveevereniging en sê 'n land skep slegs welstand deur invoere met sy eie produksie te vervang en dié ­produkte dan uit te voer.

“Namibië sal moet besluit hoe ernstig hy oor werkskepping en ekonomiese groei is. Ons sal beleidsekerheid moet kry en plaaslike produksie aanspoor, eerder as om, soos tans, invoere aan te spoor,” sê Van Niekerk.



TALLE SME'S ONTSTAAN

Van Niekerk ontken dat die kwantitatiewe kwotastelsel vir hoenderinvoere slegs tot Namib Poultry Indus­tries (NPI) se voordeel, ten koste van werklik arm mense is, wat glo by die veel goedkoper, ingevoerde hoender kan baat.

“Die skema is nié opgestel om die NPI te bevorder nie, dit help enig­iemand wat hoenders produseer. Die bewys lê daarin dat daar enkele jare gelede bykans geen hoendervleis­boer-SME's bestaan het nie, terwyl ons tans van minstens 60 SME's weet wat maandeliks gesamentlik meer as 60 000 kuikens net by ons koop. Hulle maak die hoenders groot en verkoop hulle weer as vleis.

“Hierdie entrepreneurs sou nie sonder beskerming kon bestaan nie,” sê Van Niekerk.

Hy sê produsente en invoerders van hoenderprodukte stem saam die huidige stelsel bied nie voldoende beskerming sodat groot beleggers méér sal belê nie en dat dit plaaslike produksie nie voldoende bevorder nie.

“Dit bied aanmoediging om in te voer eerder as om te produseer,” het hy gesê.

Van Niekerk ontken bewerings dat plaaslike hoender substandaard is omdat te veel pekel ingespuit word.

“Namibiese hoendervleis word by baie strenger voedselgehalte-­standaarde gehou as dít waaraan die buiteland met ingevoerde hoender moet voldoen.

Die invoerder het ook gesê die NPI moet in staat wees om met ander hoenderprodukte mee te ding.

“Namibië se produsente is reg om op 'n regverdige wyse, teen enige produsent mee te ding, solank ons almal op gelyke speelveld is,” sê Van Niekerk.

Hy sê die werklikheid is dat groot produserende uitvoerlande dikwels subsidies geniet en hoër pryse in hul eie mark kry, terwyl hulle teen ­onrealistiese pryse kan uitvoer.

INVOERE VS. PRODUKSIE

Namibië het die afgelope ses maande 11 232 ton hoender plaaslik geproduseer en 5 544 ton ingevoer.

Die Vleisraad se bedryfsbestuurder, mnr. Willem Schutz, het verduidelik die Namibiese hoenderbedryf geniet nie per definisie beskerming nie, omdat dit nog ontluikend is, maar die wet beperk invoere tot 1 500 ton per maand.

“Dit kan slegs deur ­geregistreerde maatskappye ingevoer word wat oor 'n kwota beskik. Die maatskappy moet ook 'n dieregesondheidstatussertifikaat van die direktoraat veeartsenydienste vir die uitvoerland kry. Dan eers reik die Vleisraad 'n invoer­permit uit.”

Oor bewerings dat die Vleisraad permitte nie altyd regverdig uitreik nie, het mnr. Paul Strydom, die Vleisraad se hoofbestuurder, gesê 'n komitee, wat uit invoerders, produsente, verteenwoordigers van die ­ministerie van finansies, die ministerie van ­nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling, asook die ministerie van landbou, water en bosbou tweemaandeliks oor die land se totale invoerkwota vergader.

“Die kwota word dan deur die aansoekers verdeel. Tans is daar ongeveer 64 geregistreerde lede. Invoerders doen maandeliks aansoek en 'n kwota word volgens twee aspekte toegeken: 70% daarvan word deur die aansoeker se markaandeel oor die afgelope 12 maande bepaal, en 30% op grond van aankope by plaaslike produsente,” verduidelik Strydom.

Hy ontken dat groot rolspelers tot hul eie voordeel oor kwotas en ­permitte saamsnoer.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.16/OZ UP +0.68% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.47% | Zinc US$ 2 863.10/T UP 2.02% | Brent Crude Oil US$ 87.33/BBP DOWN -0.0076 | Platinum US$ 906.27/OZ UP +0.46% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.16/OZ UP +0.68% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.47% | Zinc US$ 2 863.10/T UP 2.02% | Brent Crude Oil US$ 87.33/BBP DOWN -0.0076 | Platinum US$ 906.27/OZ UP +0.46%