Hoekus môre op Uhlenhorst begrawe

20 December 2018 | Mense
Francoise Steynberg - Uhlenhorst se pionierboer, mnr. Hoekus van Niekerk (66), word môre om 09:00 op Uhlenhorst ter ruste gelê.

Wyle Van Niekerk, 'n bekende in landbou- en jagkringe en voormalige voorsitter van die Uhlenhorst Boerevereniging, is Sondag in 'n private hospitaal in Windhoek oorlede nadat hy op 15 November 'n hartaanval op Swakomund gehad het.

Met sy Hoecon-dorperstoet het hy hier en in Suid-Afrika skoonskip van al wat ’n raskampioenskap was, gemaak.

Vir menige Namibiër is hy steeds sinoniem met dorpers. Van Niekerk het egter deur die jare sy boerdery geweldig gediversifiseer met sy wild- en jagbedryf, akkerbou en beesboerdery.

Uhlenhorst Boerevereniging het onder sy leiding telkemale as nasionale braaikampioene skoonskip gemaak.

Van Niekerk is op 20 Januarie 1952 op Outjo gebore.

Hy en sy vrou, Connie, het as hoërskoolleerlinge aan Windhoek Hoërskool ontmoet en hulle is in 1973 getroud.

Benewens sy vrou, laat hy ook sy seun, Hoekus jr., drie dogters, mee. Corrinne van Wyk, Jorina Visagie en Corlia Kriegel, en skoonseuns mnre. Waldo van Wyk, Hannes Visagie en Willie Krugel, asook nege kleinkinders agter.

Soortgelyk

 

Sesde vermeende renosterstroper vrygelaat

1 uur gelede | Howe

Die sesde beskuldigde in 'n renosterstroperysaak is vandag borgtog van N$6 000 in die landdroshof op Outjo toegestaan. Mnr. Rukeeveni Nguronda (34) en sy vyf...

Ter plaatse ondersoek na hout-oeste

1 uur gelede | Omgewing

Die parlementêre portefeuljekomitee belas met natuurlike hulpbronne het gister besoek aan drie Chinese houtdepots in die Kavango-Oosstreek by Kapupahidi, Taratara en Kawe afgelê. Dít glo...

Kalahariwoestyn keer terug

17 ure gelede | Polisie

Denver Kisting – In ’n poging om soortgelyke tragedies te verhoed soos die een waarin ’n Zimbabwiese taxibestuurder gesterf het, gaan alle beamptes wat aan...

Weer, Woensdag 7 Augustus 2019

17 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig in //Kharas, maar warm tot baie warm in die Noorde. Elders sal dit sonnig en warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Tweejarige sterf in ongeluk

17 ure gelede | Ongelukke

’n Tweejarige meisie, Andrea Pawa Jason, het Saterdagoggend in ’n ongeluk sowat 2 km buite Usakos gesterf.Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die ongeluk...

Nudo, UPM voeg stem by antikuberkraakkoor

17 ure gelede | Politiek

Denver KistingDie president van die National Unity Democratic Organisation (Nudo), me. Esther Muinjangue, sê hulle is nie onder die huidige omstandighede beskikbaar vir die kuberkraaktoets...

renosters by Onguma onthoring

17 ure gelede | In beeld

Om stropery te voorkom het die Onguma-wildreservaat naby die Etosha Nasionale Park onlangs al hul renosters ontho­ring. Volgens die reservaatbestuurder, mnr. Jonathan Strijbis, was die...

Jong beesbeoordelaars beïndruk

17 ure gelede | Gebeure

Elvira HattinghBank Windhoek en Feedmaster span tans saam om 'n nasionale beesbeoordelaarskompetisie en -kursus vir Namibiese jongmense aan te bied.Tot dusver het die organiseerders deelnemers...

Elfjarige glo deur oom (48) verkrag

17 ure gelede | Misdaad

’n Meisie (11) is Vrydag omstreeks 14:00 glo deur haar 48-jarige oom in die Etaneno-nedersetting naby Onankali verkrag.Die verdagte is in hegtenis geneem en sou...