Hoekom is kleinsake nie ook by Davos?
Hoekom is kleinsake nie ook by Davos?

Hoekom is kleinsake nie ook by Davos?

Estelle de Bruyn
Die wêreld se sake-elite en belangrike politici vergader van Dinsdag af by die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) se jaarlikse beraad in Davos, Switserland, maar klein ondernemings word nie verteenwoordig nie.

Stephen Kelly, uitvoerende hoof van Sage, betreur die afwesigheid van kleinsake se probleme en kwessies op dié jaarlikse dinkskrum, wat beskou word as van die duurste en gewildste praatsessies op die sakekalender van die wêreld se elite.

Sowat 3 000 politici, sakelui en mense uit die burgerlike samelewing word van 17 tot 20 Januarie by die Switserse ski-oord Davos verwag.

Kelly vra egter vir groter verteenwoordiging van klein ondernemings omdat in die meeste ekonomieë dit entrepreneurs soos hulle is wat twee derdes van alle werkgeleenthede skep.

Die tema van vanjaar se beraad is deelnemende en verantwoordelike leierskap, en die vier kritieke uitdagings waarop gefokus gaan word is: Om internasionale samewerking anders te bekyk, hoe om die wêreldekonomie nuwe lewe te gee, hoe om kapitalisme te hervorm, en voorbereiding vir die vierde nywerheidsrevolusie.

“Dit gebeur te dikwels dat wanneer die wêreld se beleidsmakers die internasionale ekonomie bespreek, klein ondernemings uitgesluit word van die bespreking,” sê Kelly.

“Dit is die duidelikste op die jaarlikse WEF-beraad in Davos, waar kleinsake nie ’n item op die agenda is nie. Erger is dat 60% (van klein ondernemings) nie eers weet die beraad vind plaas nie,” sê hy.

“Dit is gek as jy daaraan dink dat klein ondernemings twee derdes van alle poste in die meeste ekonomieë skep, en meer as 98% van alle ondernemings verteenwoordig.”

Volgens hom is kleinsake-eienaars en entrepreneurs die helde van die ekonomie.

“Beleidsmakers en grootsake moet wakker skrik vir die feit dat hierdie helde ondersteun moet word en ’n stem gegee moet word as ons wil seker maak van die toekomstige gesondheid en welvaart van die wêreldekonomie.” Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!