Hoekom grootvoete nie los kan loop
Hoekom grootvoete nie los kan loop

Hoekom grootvoete nie los kan loop

Dani Booysen
S SCHRADER SKRYF:

Ek waardeer en neem kennis van die kommentaar op my brief "'n Uitdaging aan olifantvriende" (9 Julie 2019). Ek het verwag wat die kommentaar sou wees, want geen mens staan graag enige besitting of geld af nie.

Het u al ooit daaraan gedink dat wanneer 'n mens 'n petisie teken 'n mens 'n verantwoordelike besluit moet neem en nie sommer teken omdat jou vriende of familie vir jou sê om te teken nie. Een ding is ook seker en dit is dat u nog nie die skade wat 'n olifant aanrig, gesien het of aan die lyf gevoel het nie.

U het beslis nog nie gesien watter skade aan die natuur aangerig word nie. Om nie eers te praat van damme, windpompe, sonpanele, enjins, waterpype, drade en ook geboue nie.

Ek wil vra of u bereid sal wees om 'n bobbejaan net vir 'n paar minute in u woning toe te laat. Die bobbejaan sal ontsagwekkende skade aanrig. Die skade wat so 'n olifant aanrig op die plase is nog baie erger.

Een ding is seker, die toeriste sal geen olifante te sien kry wanneer hulle op die plase rondbeweeg nie. Soos dit die geval was met Voortrekker. Hy was op die plase en het skade aangerig. Daar is ook geen olifant wat nie skade aanrig nie, want olifant bly olifant; dit is sy natuur wat ons mense nie kan verander nie.

So indien die olifante soos u dit wil hê op die plase toegelaat moet word, kan dit gebeur dat al hoe meer olifante as probleemdiere geïdentifiseer word en dat daar dan van hulle ontslae geraak moet word. U hoef dan nie die ministerie van die omgewing en toerisme of die jagter daarvoor te blameer nie.

As olifante oral mag rondbeweeg, sal hulle een vir een minder gemaak moet word omdat hulle skade aanrig. Maar as hulle in 'n bepaalde gebied soos 'n wildreservaat gevestig word, sal hulle veilig wees en die toeriste sal die kans gegun word om hulle te geniet. Daar sal ook 'n inkomste gegenereer kan word.

Ons moet begin om realisties te dink.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!