Hoe red ons die ekonomie?

14 January 2019 | Menings
DR. BURGER OELOFSEN SKRYF:

Die afgelope paar dae het ek kinders by skole afgelaai, kinders van plaaswerkers waarvan 'n redelike persentasie enkelouers (moeders) is.

Wat ek beleef het, het my terdeë onder die indruk gebring hoe moeilik dit met ons land se ekonomie gaan. In besonders die stryd wat skole en ouers van skoolgaande kinders het, om die skoolsisteem aan die gang te hou en kinders van 'n redelike onderwysstandaard te voorsien. Die St Michaels-skool by Otjikondo, tussen Outjo en Kamanjab, vereis byvoorbeeld dat elke kind 9 kg waspoeier by inskrywing moet saambring, anders word die kind se klere nie deur die skool gewas nie.

Outjo Sekondêre Skool weer, vereis dat elke kind 'n riem afrolpapier moet inhandig by inskrywing. Die wat nie die regte papier by die skool inhandig nie, word huis toe gestuur (volgens 'n pa wat die verkeerde papier gekoop het en vandag inderhaas N$500 moes oorplaas om die regte papier te laat koop).

Noodgedwonge moet skole vir die afskaffing van skoolfonds op ander maniere die wolf van die deur af hou, want die nodige fondse is nie in die Ministerie beskikbaar nie. Ons weet almal dat die land se begroting onder geweldige tekorte gebuk gaan.

Die ekonomie is in die “doldrums” en kenners voorspel dit gaan 'n geruime tyd neem om die ekonomie weer op dreef te kry en 'n positiewe groeikoers te genereer. Hoe kan dit vermag word?

Nie op die manier wat voornemende beleggers en potensieël geld-genererende projekte “gesaboteer“ word nie.

Ek noem twee voorbeelde:

Die fosfaatontginning op die seebodem en die uitvoer van mangaanerts deur die Lüderitz-hawe.

Verstaan my mooi, ek bepleit nie 'n roekelose roofbou-benadering tot die omgewing nie, maar beide bogenoemde twee projekte het die potensiaal om goeie geld vir die staatskoffers te genereer.

Daar is altyd 'n goue middeweg, maar die “groen” element in ons land slaag daarin om sulke potensieel waardevolle projekte te kelder. Sulke projekte kan afrolpapier en waspoeier vir skoolkinders uit die staatskoffers beteken.

Die “anti-ontwikkelings”-sentiment loop wyd soos blyk uit 'n onlangse hoofartikel in die Republikein wat die stopsit van die aflaai van erts in Lüderitz toejuig.

Wat is die profiel van die “anti”-stormtroepe? Dit is (ek besef ek veralgemeen) gewoonlik mense met 'n goeie opvoedkundige kwalifikasie, 'n goeie werk en wat 'n heel leefbare salaris verdien en/of genoeg geld het om gemaklik te leef. Dit is mense wat nie die knyp van die resessie aan die lyf voel nie. Ek is seker dat nie een van die ouers wat waspoeier of afrolpapier moet koop om kinders in 'n skool te kan inskryf onder die kategorie van die “anti”-aktiviste val nie.

Hoekom het die mangaanlorries begin loop voor 'n klaringsertifikaat uitgereik is?

Ek raai dat Namport en die mynmaatskappye al moeg gesukkel is om 'n klaringsertifikaat te kry. Dit is nou al jare wat die voorgestelde projek om fosfaat op die seebodem te myn, dormant is. Dit nadat 'n sertifikaat op 'n stadium wel uitgereik was. Die visbedryf het hewig kapsie gemaak teen die fosfaatontginning. Dit is verstaanbaar, want die kwynende visbronne is vir hulle kommerwekkend, hulle moet immers op 'n langtermyn, volhoubare visbron kan staatmaak. Ek het genoeg agtergrond van geologie en was lank betrokke by die bestuur van ons visbronne. Na my oordeel sal die oordeelkundige ontginning van die fosfaat nie 'n wesenlike gevaar vir ons visbronne veroorsaak nie. Namibië kan uit die fosfaat en die visbronne die maksimum voordeel trek. Die proses om 'n omgewingsklaringsertifikaat te bekom neem soms jare, en in die fosfaatmyngeval is een uitgereik. Die protes teen die beoogde mynbedrywigheid het veroorsaak dat die sertifikaat teruggetrek is.

Ek vermoed die mynmaatskappye leer uit die debakels en gaan hul geld elders belê. Namibië en die Namibiese publiek is die verloorders.

Gepraat van visbronne, die waardevolle sardynbron is tot niet en 'n moratorium op vangste is van krag. Heelwat meer as 'n duisend werksgeleenthede is daarmee saam gekelder en 'n bedryf van miljoene N$ is waarskynlik vir altyd tot niet. Kapitale bleggings van miljoene N$ staan ledig in Walvisbaai.

Van 1980 af was die bestuursbenadering om die bedryf al minder kwotas te gee in 'n poging om die sardynbron te red. Dit het nie gewerk nie. Die rede (dit is altyd maklik om retrospektief slim te wees!) daarvoor is myns insiens voor die hand liggend. Met 1 200 000 robbe aan ons kus wat gemiddeld 3,8 kg vis in een of ander vorm per dag vreet (amptelike ministerie-syfer) en wat sardyn as voorkeur prooi-spesies het, het die sardynbron geen kans om te herstel nie. Met min of geen sardyn beskikbaar moet die robbe noodgedwonge hul fokus na volgende prooi-spesies verskuif. Dit sluit in onder andere stokvis en maasbanker. Dit is veral die pelagiese fase van stokvis wat deurloop en waarskynlik in al groter getalle opgevreet word. Dit is tragies. Die stokvisbron kan dieselfde pad as die sardyn loop.

Die robindustrie is maar in totaal ongeveer N$9 miljoen werd. Hierteen staan die miljoene der miljoene wat verloor word vanweë die impak van die robbe op die sardyn, stokvis en maasbanker bronne. (Van die stokvis wat deur langlyn bote inkatrol word, word tot 60% deur robbe gevreet of beskadig voor die vis aan boord is). Tog word die robbron bestuur asof dit 'n waardevolle visbron is en word deur bestuursplanne gepoog om die robgetalle op die huidige vlak te hou. Die gevolg is dat die robgetalle steeds groei en groei tot nadeel van die waardevolle kommersiële- en lyn- en hengelvis bronne.

Ek is bewus daarvan dat ons geagte president, die minister van finansies en die minister van onderwys almal Afrikaans magtig is en hopelik die skrywe onder oë sal kry, want daar is 'n uiterste dringendheid vir ingryping in belang van die land se ekonomie.

Ons leiers moet die politieke wil aan die dag lê om die bul by die horings te pak en besluite te neem wat die omgewing sowel as die ekonomie tot voordeel sal strek. Daar moet 'n balans gevind word tussen die belange van die ekonomie en die omgewing, en 'n einde gemaak word aan die tendens om eerstewêreld-omgewingstandaarde in ons sukkelende ekonomie tot 'n heilige koei te verhef.

Soortgelyk

 

El Niño sneuwel dalk

7 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Namibiërs kan hulself staal teen heelwat meer koue weer in die volgende weke. Terselfdertyd het weerkenners ook goeie nuus oor verswakkende El...

Hulp stroom in vir Swartze

7 ure gelede | Mense

Tanja Bause – Namibiërs, veral Windhoekers, het gister hul harte oopgemaak vir ouma Katrina en oupa Jacobus Swartz, asook hul ses kleinkinders wat wees gelaat...

SME Bank:‘Geldversender’ in kollig

7 ure gelede | Plaaslik

Catherine Sasman – Me. Kalandra Viljoen, ‘n voormalige eienaar van Asset Movement Financial Services CC (AMFS), ‘n maatskappy wat ‘n yslike N$78.9 miljoen glo uit...

Weer vir 27 Junie 2019

7 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm in die Suide en sentrale gedeeltes. Elders sal dit sonnig en warm tot baie warm wees.KUS: Gedeeltelik...

Geen uitbreking van varkgriep

7 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Namibië beleef tans ’n toename in die aantal seisoenale H1N1-griepgevalle, met sewe bevestigde gevalle van die siekte wat reeds aangemeld is. Vier...

Vermeende stroperysindikate in hof

7 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - Ondanks optogte en petisies van die Outjo-gemeenskap is ses vermeende renosterstropers gisteroggend in die landdroshof op borgtog van N$10 000 elk vrygelaat....

Moordsaak teen plaaswerker uitgestel

7 ure gelede | Howe

Denver Kisting – ’n Maand nadat die plaaswerker mnr. Lukas Kaskas Kashonga glo twee mense enkele ure ná mekaar in die Rehoboth-omgewing vermoor het, het...

Cites-beraad na Genève verskuif

7 ure gelede | Omgewing

Francoise Steynberg - Die Konvensie vir die Handel in Bedreigde Spesies (Cites) se 18de beraad is weens veiligheidsredes van Colombo in Sri Lanka na die...

Meatco het beesgetalle nodig

7 ure gelede | Landbou

Elvira HattinghHoewel dit lyk of Meatco se omkeer­strategie die vleisverwerker op die herstelpad geplaas het, is die maatskappy bekommerd oor hul kwynende mark­aandeel en die...